By OBARO finansiële dienste sentraliseer ons alle risiko’s, wat jou as boer in staat stel om jou besigheid veiliger en minder riskant te bestuur. Ons kundige aanbevelings word by jou unieke behoeftesaangepas, wat verseker dat jy ingeligte finansiële besluite vanuit ’n plek van vertroue en begrip kan neem.
Kliëntetevredenheid is ons prioriteit en daarom wil ons die voetspore van ons ervare verhoudingsbestuurders, kundige makelaars en adviseurs gereeld op jou plaas los. Ons glo in die waarde van ’n langtermyn-verhouding, dus is elke boer ons nommer een kliënt.
Het jy geweet van ons OBARO-toep?
’n Veilige, eenvoudige en direkte manier om al jou OBARO-rekeninge en finansiële inligting op één plek te bestuur.
Klik hier onder om meer uit te vind en die OBARO-toep af te laai.
Ons finansiële oplossings kan jou die hupstoot gee wat jy benodig om jou plaas te laat floreer.
PRODUKSIELENINGS
Dié lenings help jou om dadelik te plant en slegs ná die oes te betaal. Produksielenings is vir somer- en wintergewasse (verhandel op SAFEX) beskikbaar.
Gespesialiseerde gewasse, soos groente, word gefinansier onder die voorwaarde dat jy sekuriteit en/of ‘n onderhandelde kontrak met ‘n goedgekeurde koper voorlê.
JAARREKENINGE
Jaarrekeninge is beskikbaar as jy die behoefte het om jou produksie oor die langtermyn te beplan. Seleksie, sekuriteitsvereistes en kontantvloeibestuur is belangrike voorwaardes vir dié tipe rekening.
HUURKOPE
OBARO koop die landboutoerusting wat jy benodig om jou plaas suksesvol te bestuur en jy kan dit hou nadat dit afbetaal is.
TERMYNLENINGS
Termynlenings word toegeken vir langtermynfinansieringsbehoeftes en die verkryging en/of verbetering van vaste eiendom teen vasgestelde sekuriteit. Dit sluit aankope van plase of die installering van sonkragoplossings in.
IMMERGROEN-REKENING
Net soos boerdery nooit stilstaan nie, behoort jou kontantvloei ook nie te stop nie. OBARO se Immergroen-rekening bied jou deurlopende finansiering om met selfvertroue uit te brei, jou stabiliteit te versterk en dapper vir die toekoms voor te berei. Dit is finansiering wat saam met jou groei — seisoen na seisoen.
MAANDREKENING
Daaglikse voorraad is deel van elke boer se siklus. Met die maandrekening kan jy maklik by OBARO-takke aankoop wat jy nodig het. Dit is ’n praktiese, betroubare oplossing wat jou besigheid dag vir dag ondersteun, sodat jy met moed en gemoedsrus kan boer.
BRANDSTOFREKENING
Brandstof is die hartklop van die plaas. Met die brandstofekening kan jy jou boerdery aan die gang hou sonder om oor kontant te bekommer. Dit is ’n betroubare hulpmiddel wat jou help om uitgawes veilig te bestuur terwyl jy plaas met sorg en konsekwentheid kan boer.
VERPAKKINGSREKENING
Oes is net die helfte van die verhaal – om jou produkte in perfekte toestand by die mark uit te kry, is net so belangrik. Die verpakkingsrekening is toegewy aan sitrus- en druiweverpakking en bied vir jou ’n finansiële hulpmiddel wat ontwerp is om die kwaliteit van jou oes te beskerm. Met OBARO se sorg en toewyding aan jou sy, kan jy dapper stappe neem met die wete dat jou verpakkingsbehoeftes altyd ondersteun word.
Ons is ‘n geregistreerde finansiële dienste en gemagtigde kredietverskaffer: FSP no 22414, NCRCP299 (OFD), NCRCP11506 (Agrifin), NCRCP17491 (SPV), NCRCP 20000 (Agrifin SPV).