Besproeiing
Die installering van ‘n besproeiingstelsel optimaliseer watergebruik en verhoog gewasopbrengste. Met gespesialiseerde sagteware kan ‘n boer die waterverspreiding noukeurig beheer en skeduleer volgens die gewasse se spesifieke behoeftes en omgewingstoestande. Dit verminder onnodige waterverbruik en voorkom oor- of onderbesproeiing, wat beide nadelig vir gewasse kan wees.
Hier by OBARO bied ons pasgemaakte besproeiingstelsels van konsep tot voltooiing aan:
• Inspeksie van die ligging: Ons kundiges evalueer die terrein om die toestand en potensiaal te bepaal.
• Ontwerp en beplanning: ‘n Omvattende ontwerp om waterverspreiding te optimaliseer.
• Begroting: ‘n Kosteberaming vir materiaal, installasie en arbeid word verskaf.
• Installasie: Ons span sal die installasie hanteer, insluitend enige nodige grond-, pyp- en elektriese werk, om die proses seepglad en effektief te laat verloop.
‘n Pasgemaakte besproeiingstelsel is ‘n waardevolle belegging vir enige boer, en OBARO is hier om jou met kundige advies en professionele diens te ondersteun van begin tot einde.
Besproeiing
Ontmoet die span
Gauteng

SP Gresse
Irrigation Designer Tel: 082 858 0360 [email protected]

Tielman Odendaal
Wonderboom, Pretoria, Tijgervallei, Naboomspruit, Potgietersrus, Vaalwater, Botswana & Swaziland
Irrigation Designer
Tel: 072 657 9460
[email protected]