Media

Media

OBARO glo dis vir enige boer of landbou-entoesias van kardinale belang om op hoogte van die jongste nuus en neigings te bly. Daarom gee ons jou die mees relevante en boeiende inhoud. Van insiggewende artikels en opiniestukke tot opwindende nuus en gebeurtenisse ─ dis wat jy op ons media- en blogblad kan verwag!

Nuutste youtube videos

Bly op hoogte

Nuutste Nuus

Inskrywings vir OBARO se gewilde Inter Unie is nou oop en vir jong boere regoor Suid-Afrika is dit meer as net 'n kompetisie. Dis 'n unieke platform om te leer, te netwerk en saam 'n volhoubare toekoms vir die landbou te bou.
'n Omset van sowat R1 miljoen en 'n wins van R755 000 gedurende 'n "stroperbraai-geleentheid", stel lede van Dwaalboom se boerevereniging nou in staat om plaasaanvalle en vee- en wilddiefstal doeltreffender te beveg.
Nerfaf knieë, seer spiere en gekneusde ego's was aan die orde van die dag toe meer as 200 jong boere van 22 boereverenigings mekaar in die landbou-onderneming Obaro se jaarlikse Baas van die Plaas-kompetisie buite Brits die stryd aangesê het. Tuisveld-voordeel het dalk 'n rol gespeel toe een van die plaaslike spanne, Brits Buite Pêrre, met die eerste prys weggestap het.
Die doel agter hierdie kompetisie is om ’n platform vir jongboere te skep waarbinne hulle mekaar kan leer ken, vriendskapsbande kan smee en só die omgewing waarbinne hulle moet boer kan vorm en landbou kan bevorder.
Meer as 200 jong boere uit 22 boereverenigings gaan van 28 Februarie tot 2 Maart in Noordwes op die derde OBARO-interuniebyeenkoms aan 'n wye verskeidenheid ongewone sportsoorte soos bylgooi en die dra van kunsmissakke, asook aan meer bekende sportsoorte soos kleiduif- en boogskiet deelneem
OBARO wil met die Inter Unie wat die komende naweek, 28 Februarie – 2 Maart 2025 by Sediba Kwele buite Brits plaasvind, die doelgerigte platform skep waar jong boere meer gereeld met mekaar kan skakel.
Ons weet dit is belangrik vir jou as boer om gemoedsrus te hê as dit kom by geldsake, maar ook dat kundigheid en begrip van die bedrywe en wat aangaan op die plaas `n belangrike rol speel. OFD en elke spanlid wil die sekerheid bied, deur saam met jou hul hande en voete vuil te maak, te bou op suksesse en saam besigheid te kweek.
Dit is met trots dat ons die strategiese venootskap tussen OBARO en Shoprite bekend kan maak met die OK Express en OK Liquor toevoegings tot OBARO Koedoeskop.

"Tip-offs" Anoniem

Voordat jy die oproep maak, maak seker dat jy die volgende inligting gereed het:

  • Name van persone betrokke
  • Hoeveelheid persone betrokke
  • Datum en tyd van voorval of diefstal
  • Enige bewyse beskikbaar
  • Hoe gereeld gebeur dit?
  • Waar het dit gebeur?
  • Is geld betrokke?
  • Is daar enige getuies?

Tip-offs Anonymous

Before you make the call, make sure you have the following information ready:

  • Names of the people involved
  • Number of people involved
  • Date and time of the incident of theft
  • Any proof you have
  • How often does this happen?
  • Where did it happen?
  • Is money involved?
  • Are there any witnesses?