OBARO se missie is om die beginsels en waardes wat die landbou-leefwyse definieer, in elke aspek van ons besigheid te vervat. “Om besigheid te doen soos ‘n boer”, beteken om met integriteit, veerkragtigheid en ‘n diep verbintenis tot harde werk en volhoubaarheid te werk.
OBARO doen TOEGANKLIK besigheid soos ‘n boer, want boere is meelewend, vriendelik en koester hulle familie, vriende en gemeenskap.
OBARO doen KUNDIG besigheid soos ‘n boer, want boere weet wat ander nie weet nie, hulle ken die natuur en die kompleksiteite wat gepaardgaan daarmee om rentmeesters van die Skepping te wees.
OBARO doen BETROUBAAR besigheid soos ‘n boer, want boere is steunpilare vir hulle gemeenskappe, altyd daar in tyd van nood en altyd bereid om te help.
OBARO doen INNOVEREND besigheid soos ‘n boer, want boere is voorlopers in die gebruik van tegnologie en kreatief in hulle oplossings. ‘n Boer maak altyd ‘n plan!
OBARO doen VREESLOOS besigheid soos ‘n boer, want geen ander nering is dapperder om hul roeping uit te leef as Suid-Afrikaanse boere nie.
Hierdie waardes is die fondament waarop OBARO sy besigheid bedryf en sy visie verwesenlik – om in lyn met die boer te wees.
Met bykans 95 jaar ondervinding, ‘n teenwoordigheid in vyf provinsies en ‘n aanlyn winkel, is ons daartoe verbind om ons liefde vir landbou met almal te deel, want ons glo vas – daar is ‘n bietjie boer in elkeen van ons!