By OBARO glo ons daarin om die volgende generasie boere te bemagtig. Dis waarom ons ‘n span Diereproduksie-spesialiste het wat toegewyd is om jong, opkomende boere te ondersteun. Ons span gee leiding en ondersteuning op verskeie manière, insluitend jaarlikse inligtingsdae, karkaskompetisies en leerlingskapprogramme.
Landbou-ontwikkeling en bydraes tot Suid-Afrika se ekonomie is deurslaggewend. Daarom help ons jou, as ’n jong of opkomende boer, om die nodige kennis en vaardighede te bekom wat jy benodig om sukses in die landboubedryf te behaal.
Ons spesialiste bied ook spesifieke ondersteuning:
Voorkoming en behandeling van veesiektes
Veeboerdery en -bestuur
Veevoeding
Risikobestuur en -vermindering
Ons doel is om elke jong en opkomende boer te bemagtig, en ons spesialisspan sal jou altyd lei en help om ‘n sterk, volhoubare toekoms in landbou te bou.
C/o Graham & Silverlakes Straat,
Silverlakes, Pretoria, 0081
Tel: 012 381 2800
E-pos: [email protected]
Maandag – Vrydag: 08:00 – 17:00
Saterdag: Gesluit
Sondag: Gesluit