OBARO sien groot potensiaal vir landbou-ontwikkeling in Suid-Afrika en help opkomende boere daarom om noodsaaklike kennis en vaardighede te bekom. Ons bied leiding deur jaarlikse diere-inligtingsdae, karkaskompetisies en leerlingskapprogramme.
Ons spesialiste bied ondersteuning in:
• voorkoming en behandeling van veesiektes,
• veeboerdery en bestuur,
• veevoeding en voer, en
• risikobestuur.
Ons is hier om opkomende boere te bemagtig en hulle na ‘n sterk en volhoubare toekoms in die landbou te lei.