Met kundigheid, persoonlike diens en toegewyding tot kliëntetevredenheid, speel OBARO se makelaars ’n belangrike rol in elke OBARO-kliënt se besigheid.
Beskerm jou inkomste en gesin met ons pasgemaakte versekeringsoplossings.
GEWASVERSEKERING
Ons werk saam met jou om gewasversekering vir jou unieke behoeftes te bied. Ons dek gewasse teen hael, brand en transitorooftogte en bemark verskeie multi-risikoversekeringsopsies. OBARO verseker jou gewasse deur samewerking met van die mees gesoute en betroubare versekeraars in die land – vir gemoedsrus wanneer dit die meeste saak maak.
AGRI VERSEKERING
Ons boerderyversekeringspolisse bied omvattende dekking vir enige tipe en skaal boerdery. Hierdie polisse is spesifiek ontwerp om jou, as boer, volle gemoedsrus te gee. Ons verseker ‘n wye verskeidenheid boerderye, insluitend klein boerderye, kommersiële plase en grootskaalse landboubesighede.
KOMMERSIËLE KORTTERMYNVERSEKERING
Ons streef daarna om vennootskappe te bou, na jou behoeftes te luister en oplossings te ontwikkel wat aan jou vereistes voldoen. Ons spesialisadviseurs besoek jou perseel om seker te maak dat alle moontlike risiko’s gedek word.
Ons help verskeie kliënte in die volgende sektore:
Korporatiewe omgewing, vervoerpersele, gastehuise, kontrakteurs en industriële vervaardiging.
PERSOONLIKE KORTTERMYNVERSEKERING
Ons weet jou verantwoordelikhede stop nie net by boerdery nie, daarom bied ons ‘n wye reeks persoonlike versekeringsoplossings. Ons mededingende pakkette en vinnige eisehantering bied gemoedsrus – vinnig, maklik en teen ’n bekostigbare premie.
Ons bied dekking vir die volgende persoonlike items:
Geboue, woonhuise en vakansiehuise, huisinhoud, alle risiko-items, kampeertoerusting, motors en 4×4’s, identiteitsdiefstal en ongeskiktheid.
Ons is ‘n geregistreerde versekering dienste (FSP no 47858)