Ons is hier om jou te help om jou finansiële doelwitte te bereik, of jy nou vir aftrede beplan, vir ’n vakansie spaar, jou kind se toekoms verseker of jou besigheid uitbrei. As ’n kliënt het jy ook toegang tot ons kundige regskonsultante vir leiding oor boedelbeplanning, trusts en belastingaangeleenthede wat met jou finansiële portefeulje verband hou.
Beskerm jou inkomste en gesin met ons pasgemaakte versekeringsoplossings.
LANGTERMYNVERSEKERING
Jy plant vir die volgende generasie – en ons help jou om dit te beskerm. Ons langtermynversekering is ontwerp vir dié wat in seisoene dink, nie in sekondes nie. Met dekking wat finansiële voorsiening vir jou geliefdes bied in die geval van afsterwe, sowel as inkomste- en ongeskiktheidsbeskerming, kry jy die gemoedsrus dat jou gesin en plaas altyd beskerm sal wees.
AFTREEBEPLANNING
’n Gemaklike aftrede gebeur nie toevallig nie – dit gebeur deur beplanning. Deur vroeg te begin spaar en jou aftreefondse volhoubaar te bestuur, verseker jy ’n stabiele en voldoende inkomste vir die toekoms. Met buigsame opsies soos maandelikse bydraes of ’n enkelbedrag, kan jou aftreespaargeld belastingvry bestuur word en vir jou die gemoedsrus gee dat jou oudag sorgeloos en veilig is.
BELEGGINGS
Deur die regte keuses te maak, kan jy jou opbrengs maksimaliseer terwyl jy jou hardverdiende geld beskerm. Ons portefeulje van plaaslike en internasionale fondse bied koste-effektiewe en belastingvriendelike strukture wat ontwerp is om jou rykdom konsekwent te laat groei.
BOEDELBEPLANNING
Wanneer die seisoene verander, verseker deeglike beplanning dat jou nalatenskap behoue bly. Boedelkoste, belasting, wetgewing en bepalings soos Artikel 9HA kan jou gesin en besigheid raak indien dit nie bestuur word nie. Ons boedelbeplanningsdienste help om onnodige koste te beperk en beskerm die rykdom wat jy opgebou het, sodat jou nalatenskap vir geslagte kan voortleef.
GESONDHEID
By Sanlam glo ons dat ‘n gesonde werksmag die fondament van ‘n suksesvolle besigheid is. Daarom help ons jou graag om geskikte gesondheidsoplossings vir jou werknemers te vind. In vandag se mededingende werksomgewing is dit belangrik om goeie personeel nie net te lok nie, maar ook te behou. Ons bied koste-effektiewe opsies soos mediese fondse en bykomende dekking aan – alles met jou werknemers se welsyn in gedagte.
GESTRUKTUREERDE VERSEKERING
Santam Structured Insurance is ‘n bedryfsinnoveerder in gespesialiseerde versekeringsstrukturering, wat vennote en kliënte individueel ontwerpte finansiële oplossings bied.
Geregistreerde Finansiële Dienste en Gemagtigde Kredietverskaffer: FSP nr. 2759 (Sanlam)