OBARO en OK Express Vennootskap

Nuwe era van gerief vir Koedoeskop-gemeenskap danksy OBARO en OK Express

OBARO Groep, ‘n vooraanstaande landbou koöperasie met 27 takke regoor Suid-Afrika, waarvan 11 in Limpopo, is opgewonde om die opknappings en bouprojek by OBARO Koedoeskop aan te kondig, wat dié handelswinkel en vulstasie in `n nuwe lig plaas. Vir ons lojale gemeenskaplede is dit geen geheim dat daar groot verandering oppad is nie.

Dit is met trots dat ons die strategiese venootskap tussen OBARO en Shoprite bekend kan maak met die OK Express en OK Liquor toevoegings tot OBARO Koedoeskop. Hierdie besluit verteenwoordig ’n vreeslose stap in die koöperasiebedryf bedryf wat die omgewing ‘n nuwe vlak van gerief en gemak bied.

Dis nie meer nodig dat inwoners van Koedoeskop na verre dorpe soos Thabazimbi, Northam of Bela Bela moet ry om hul inkopies te doen nie.

Vir OBARO is hierdie nie net ‘n nuwe onderneming nie, maar ‘n geleentheid om ons toewyding tot voortdurende groei en innovasie te bewys. Hierdie toevoeging diversifiseer ons produk en diens aanbod , en versterk ook ons posisie as ‘n betroubare handelsvennoot in die gemeenskappe wat ons bedien.

Ons is vol vertroue dat hierdie projek nie net ons bestaande kliëntebasis sal versterk nie, maar ook nuwe ondersteuners sal lok.

OBARO Koedoeskop is geleë op Thabazimbi Pad (R511), Koedoeskop. Ons span is gereed om jou te verwelkom en jou en jou gesin se inkopielyste aftehandel. Vir meer inligting oor hierdie opwindende ontwikkeling, kontak asseblief ons OBARO Koedoeskop-tak direk.

Vir meer inligting lees hier: https://www.okfoods.co.za/franchise-sales.html

"Tip-offs" Anoniem

Voordat jy die oproep maak, maak seker dat jy die volgende inligting gereed het:

  • Name van persone betrokke
  • Hoeveelheid persone betrokke
  • Datum en tyd van voorval of diefstal
  • Enige bewyse beskikbaar
  • Hoe gereeld gebeur dit?
  • Waar het dit gebeur?
  • Is geld betrokke?
  • Is daar enige getuies?

Tip-offs Anonymous

Before you make the call, make sure you have the following information ready:

  • Names of the people involved
  • Number of people involved
  • Date and time of the incident of theft
  • Any proof you have
  • How often does this happen?
  • Where did it happen?
  • Is money involved?
  • Are there any witnesses?