Inter Unie veel meer as pret vir jong boere

Inskrywings vir OBARO se gewilde Inter Unie is nou oop en vir jong boere regoor Suid-Afrika is dit meer as net ‘n kompetisie.
Dis ‘n unieke platform om te leer, te netwerk en saam ‘n volhoubare toekoms vir die landbou te bou.

Wanneer jong boere van regoor Suid-Afrika einde Februarie bymekaar kom vir OBARO se Inter Unie, is dit veel meer as net ‘n naweek van boeresport en pret. Hierdie jaarlikse geleentheid, wat in 2026 die vierde keer aangebied word, het gegroei tot ‘n hoogtepunt op die kalender van jong boere. Dit bied deelnemers die kans om te leer, bande te bou, idees uit te ruil – en saam te droom oor die toekoms van die landbou.

By OBARO is die visie eenvoudig, maar kragtig: om in lyn met die boer te wees. Die maatskappy wil boere se betroubare vennoot te wees in elke seisoen – of dit met besproeiing, finansiering of ondersteuning is. Die Inter Unie is ‘n verlengstuk van hierdie visie: ‘n plek waar harde werk en lekker kuier hand aan hand gaan, en waar jong boere nie net meeding nie, maar ook mekaar inspireer.

Volgens Michelle Kuyler van OBARO is die Inter Unie die breinkind van die uitvoerende hoof, Nic Bronkhorst, wat vier jaar gelede met die idee vorendag gekom het. “Ons wou ‘n geleentheid skep waar jong boere, leweransiers en verskeie belanghebbendes op ‘n informele manier kan netwerk, leer en saamspan,” verduidelik sy. “Dis amper soos boeresport – maar met ‘n doel.”

Die Inter Unie vind elke jaar op die laaste naweek in Februarie by Sediba Kwele Adventure Camp, net buite Brits, plaas. In 2026 sal dit van 27 Februarie tot 1 Maart duur, met spanne van tien jong boere elk wat meeding in ‘n verskeidenheid kompetisies. Aanvanklik was daar 16 spanne, maar dit reeds toegeneem tot 22, wat die gewildheid en waarde van die geleentheid onder jong boere beklemtoon.

Die wenspan stap nie net weg met die eer nie, maar ook met R100 000 prysgeld, gevolg deur R50 000 vir die tweede plek en R25 000 vir die derde plek. Daar is selfs ‘n geesbeker van R25 000. Maar, sê Kuyler, die prysgeld is nie bedoel vir persoonlike gebruik nie. “Ons moedig die spanne aan om die geld te gebruik vir ‘n opbouende doel in hul gemeenskap – soos veiligheidsinisiatiewe of die ondersteuning van skole.”

En dit gebeur ook. “Een van die spanne het met sy prysgeld ‘n hommeltuig aangekoop om plaasveiligheid te verbeter,” vertel sy. ” ‘n Ander het ‘n plaaslike saal opgeknap en twee leerlinge se skoolkoste geborg. Dit wys vir my die Inter Unie se impak strek ver wyer as net die naweek self.”

Vir talle jong boere is die geleentheid ‘n kans om te leer by eweknieë uit ander streke. “Elke unie of streek het sy eie kwessies,” sê Kuyler. “Wanneer hierdie jong boere bymekaar kom, deel hulle praktiese oplossings en idees. Dis hoe ware groei plaasvind – deur gesprekke, samewerking en vertroue.”

Daardie vertroue lê ook in OBARO se rol as vennoot. “Ons doen besigheid soos boere – eerlik, betroubaar en met die lang termyn in gedagte,” sê sy. “Die Inter Unie versterk hierdie bande tussen OBARO, leweransiers en boere. Dit bou die verhoudings waarop die toekoms van die landbou berus.”

sakke dra
hammie

Vir Kuyler is die geheim van suksesvolle deelname eenvoudig: “Wees ‘n bok vir sports en werp alles in die stryd. Berei goed voor, maar geniet dit ook. Dis ‘n ongelooflike netwerkgeleentheid, en die mense wat jy daar ontmoet, bly deel van jou reis in die landbou.”

Die geleentheid groei jaarliks, en daar is al gesprekke oor moontlike uitbreiding na ander provinsies. “Ons sien groot belangstelling uit die Vrystaat en ander provinsies buite OBARO se bedieningsarea. Die behoefte is daar om dit wyer te vat – en met goeie beplanning is enigiets moontlik,” sê sy.

Vir 2026 se Inter Unie is inskrywings nou oop op OBARO se webwerf tot 21 November 2025. Spanne van tien jong boere elk kan inskryf, met voorkeur aan vorige deelnemers. “Die belangstelling is groot,” sê Kuyler. “Elke jaar sien ons ou en nuwe gesigte – en dis presies wat hierdie geleentheid so besonders maak.”

Die Inter Unie is dus nie net ‘n kompetisie nie. Dis ‘n viering van die gees van jong boere – hul durf, hul kameraadskap, en hul geloof in ‘n blink toekoms vir die Suid-Afrikaanse landbou. Die Inter Unie sal jou leer hoe om baas van jou plaas te wees.

"Tip-offs" Anoniem

Voordat jy die oproep maak, maak seker dat jy die volgende inligting gereed het:

  • Name van persone betrokke
  • Hoeveelheid persone betrokke
  • Datum en tyd van voorval of diefstal
  • Enige bewyse beskikbaar
  • Hoe gereeld gebeur dit?
  • Waar het dit gebeur?
  • Is geld betrokke?
  • Is daar enige getuies?

Tip-offs Anonymous

Before you make the call, make sure you have the following information ready:

  • Names of the people involved
  • Number of people involved
  • Date and time of the incident of theft
  • Any proof you have
  • How often does this happen?
  • Where did it happen?
  • Is money involved?
  • Are there any witnesses?