Jong boere van Brits is Baas van die Plaas

Nerfaf knieë, seer spiere en gekneusde ego’s was aan die orde van die dag toe meer as 200 jong boere van 22 boereverenigings mekaar in die landbou-onderneming OBARO se jaarlikse Baas van die Plaas-kompetisie buite Brits die stryd aangesê het.
Tuisveld-voordeel het dalk ‘n rol gespeel toe een van die plaaslike spanne, Brits Buite Pêrre, met die eerste prys weggestap het.

Sportsoorte soos rugby, toutrek en kleiduifskiet is nie so vreemd vir die gemiddelde boer nie, maar byl- en paalgooi, boogskiet en vlotroei is ‘n perd van ‘n ander kleur.

Gelukkig het die noodhulpspan wat altyd naby was, nie juis werk gehad nie.

Sowat 220 jong boere het van 28 Februarie tot 2 Maart aan die byeenkoms in die Sediba Kwele-avontuurkamp naby Brits in Noordwes deelgeneem. Dit was die derde keer dat die kompetisie aangebied is.

Die doel is om die boere van die verskillende distrikte nader aan mekaar te bring om saam gesonde pret te hê, en ‘n bietjie weg te kom van die ekonomiese sorge en landbou-, lands- en wêreldpolitiek wat ‘n boer voortdurend ontstel en onsekerheid in die landbousektor veroorsaak.

Die algehele wenner, Brits Buite Pêrre, het 546 punte behaal en was ook verlede jaar die span wat met die eerste prys van R100 000 weggestap het. Herman du Preez en Hein-Nico Kloppers was onderskeidelik die spankaptein en -bestuurder.

Die prysgeld moet aangewend word vir ‘n projek waarby die betrokke gemeenskap sal baat. Hulle het die geld in 2024 aan liefdadigheid geskenk en welwillendheidsprojekte ondersteun. Kloppers sê hulle gaan binnekort besluit hoe hulle hierdie keer die wengeld gaan aanwend.

Loskop Suid

Die span van Loskop-Suid van Groblersdal was met 517,5 punte in die tweede plek, en het R50 000 vir ‘n gemeenskapsprojek van hul keuse losgeslaan.

Christo Basson en Mossie Oosthuizen was onderskeidelik hul spankaptein en -bestuurder. Dié span het ook die beker vir die beste spangees ontvang.

Die Hoedspruit Vlakvarke van dié dorp, wat vir die eerste keer deelgeneem het, het met 456,5 punte derde geëindig en R25 000 gewen. Scholla Stolz en Lee van der Merwe was onderskeidelik die spankaptein en -bestuurder.

Die wenners van die verskillende kompetisies was:
  • Vlotbou: Skuinsklappers en Laeveld Leeus.
  • Vlotroei (drie wedvaarte): Skuinsklappers, Hoedspruit Vlakvarke en die Ohrigstad-boerevereniging.
  • Gholf: Mazambane.
  • Sakdra: Kanaalbabers, Ohrigstad-boerevereniging, Tuks-landbou, Bosveld Brandbors en Mazambane.
  • Kleiduifskiet: Krokodil-Wes-oesklub.
  • Boogskiet: Loskop-Suid
  • Bylgooi: Potjiesdorp en Skuinsklappers.
  • Paalgooi: Brits Skoupêrre.
  • Rugby: Brits Buitepêrre.
  • Toutrek: Loskop-Suid.
Toutrek

"Tip-offs" Anoniem

Voordat jy die oproep maak, maak seker dat jy die volgende inligting gereed het:

  • Name van persone betrokke
  • Hoeveelheid persone betrokke
  • Datum en tyd van voorval of diefstal
  • Enige bewyse beskikbaar
  • Hoe gereeld gebeur dit?
  • Waar het dit gebeur?
  • Is geld betrokke?
  • Is daar enige getuies?

Tip-offs Anonymous

Before you make the call, make sure you have the following information ready:

  • Names of the people involved
  • Number of people involved
  • Date and time of the incident of theft
  • Any proof you have
  • How often does this happen?
  • Where did it happen?
  • Is money involved?
  • Are there any witnesses?