Inter Unie veel meer as pret vir jong boere

Inskrywings vir OBARO se gewilde Inter Unie is nou oop en vir jong boere regoor Suid-Afrika is dit meer as net ‘n kompetisie. Dis ‘n unieke platform om te leer, te netwerk en saam ‘n volhoubare toekoms vir die landbou te bou.
Stroperbraai samel sowat R1 miljoen in vir plaasveiligheid

‘n Omset van sowat R1 miljoen en ‘n wins van R755 000 gedurende ‘n “stroperbraai-geleentheid”, stel lede van Dwaalboom se boerevereniging nou in staat om plaasaanvalle en vee- en wilddiefstal doeltreffender te beveg.
Jong boere van Brits is Baas van die Plaas

Nerfaf knieë, seer spiere en gekneusde ego’s was aan die orde van die dag toe meer as 200 jong boere van 22 boereverenigings mekaar in die landbou-onderneming Obaro se jaarlikse Baas van die Plaas-kompetisie buite Brits die stryd aangesê het. Tuisveld-voordeel het dalk ‘n rol gespeel toe een van die plaaslike spanne, Brits Buite Pêrre, met die eerste prys weggestap het.
Spanne sê mekaar eersdaags die stryd aan in die derde OBARO Inter Unie

Die doel agter hierdie kompetisie is om ’n platform vir jongboere te skep waarbinne hulle mekaar kan leer ken, vriendskapsbande kan smee en só die omgewing waarbinne hulle moet boer kan vorm en landbou kan bevorder.
Jong boere meet kragte vir Baas van die Plaas

Meer as 200 jong boere uit 22 boereverenigings gaan van 28 Februarie tot 2 Maart in Noordwes op die derde OBARO-interuniebyeenkoms aan ‘n wye verskeidenheid ongewone sportsoorte soos bylgooi en die dra van kunsmissakke, asook aan meer bekende sportsoorte soos kleiduif- en boogskiet deelneem
Derde OBARO Inter Unie Om die Draai

OBARO wil met die Inter Unie wat die komende naweek, 28 Februarie – 2 Maart 2025 by Sediba Kwele buite Brits plaasvind, die doelgerigte platform skep waar jong boere meer gereeld met mekaar kan skakel.
OBARO en OK Express Vennootskap

Dit is met trots dat ons die strategiese venootskap tussen OBARO en Shoprite bekend kan maak met die OK Express en OK Liquor toevoegings tot OBARO Koedoeskop.
OBARO Inter Unie: Die Sukses Agter Die Skerms

OBARO sien uit om elke jong boer en leweransier te verwelkom na die tweede OBARO Inter Unie wat die komende naweek, 1-3 Maart 2024 by Sediba Kwele buite Brits plaasvind.
OBARO Inter Unie: Twee Weke om te Gaan

Ons is twee weke weg van die volgende OBARO Inter Unie, en die spanning loop hoog. Dit is ‘n ongelooflike voorreg om hierdie opwindende geleentheid vir die tweede agtereenvolgende jaar aan te bied, en om te bou op die vorige jaar se sukses.
OBARO Inter Unie: ‘n Ware Droom

OBARO, het `n doelgerigte fokus om ‘n platform vir jongboere te skep, en die omgewing te bevorder waar vreemdelinge vriende word. Die OBARO Inter Unie bied ‘n unieke geleentheid vir die nuwe generasie boere om bymekaar te kom, mekaar te ondersteun, vriendskappe te smee en saam, landbou te bevorder.