Media
Media
OBARO believes that keeping up to date with industry news and trends is crucial for any farmer or agricultural enthusiast. That’s why we are committed to bringing you the most relevant and engaging content possible. From insightful articles and opinion pieces to exciting news and event coverage, you’ll find it all here on our media and blog page.
Latest youtube videos
×
Follow us
LATEST INSTAGRAM POSTS
Stay Connected
LATEST News
OBARO het sy beste van die bestes vereer op 'n glansgeleentheid in Pretoria waar sy leweransiers erkenning gekry het vir hul rol in die landbouwaardeketting. Met streng beoordeling, hoë standaarde en 'n klem op dienslewering het die 2025-toekennings weereens gewys watter leweransiers regtig die ekstra myl stap om boere en OBARO aan die gang te hou.
Inskrywings vir OBARO se gewilde Inter Unie is nou oop en vir jong boere regoor Suid-Afrika is dit meer as net 'n kompetisie. Dis 'n unieke platform om te leer, te netwerk en saam 'n volhoubare toekoms vir die landbou te bou.
'n Omset van sowat R1 miljoen en 'n wins van R755 000 gedurende 'n "stroperbraai-geleentheid", stel lede van Dwaalboom se boerevereniging nou in staat om plaasaanvalle en vee- en wilddiefstal doeltreffender te beveg.
Nerfaf knieë, seer spiere en gekneusde ego's was aan die orde van die dag toe meer as 200 jong boere van 22 boereverenigings mekaar in die landbou-onderneming Obaro se jaarlikse Baas van die Plaas-kompetisie buite Brits die stryd aangesê het. Tuisveld-voordeel het dalk 'n rol gespeel toe een van die plaaslike spanne, Brits Buite Pêrre, met die eerste prys weggestap het.
Die doel agter hierdie kompetisie is om ’n platform vir jongboere te skep waarbinne hulle mekaar kan leer ken, vriendskapsbande kan smee en só die omgewing waarbinne hulle moet boer kan vorm en landbou kan bevorder.
Meer as 200 jong boere uit 22 boereverenigings gaan van 28 Februarie tot 2 Maart in Noordwes op die derde OBARO-interuniebyeenkoms aan 'n wye verskeidenheid ongewone sportsoorte soos bylgooi en die dra van kunsmissakke, asook aan meer bekende sportsoorte soos kleiduif- en boogskiet deelneem
OBARO wil met die Inter Unie wat die komende naweek, 28 Februarie – 2 Maart 2025 by Sediba Kwele buite Brits plaasvind, die doelgerigte platform skep waar jong boere meer gereeld met mekaar kan skakel.
Ons weet dit is belangrik vir jou as boer om gemoedsrus te hê as dit kom by geldsake, maar ook dat kundigheid en begrip van die bedrywe en wat aangaan op die plaas `n belangrike rol speel. OFD en elke spanlid wil die sekerheid bied, deur saam met jou hul hande en voete vuil te maak, te bou op suksesse en saam besigheid te kweek.