Jong boere meet kragte vir Baas van die Plaas

Meer as 200 jong boere uit 22 boereverenigings gaan van 28 Februarie tot 2 Maart in Noordwes op die derde OBARO-Inter Unie byeenkoms aan ‘n wye verskeidenheid ongewone sportsoorte soos bylgooi en die dra van kunsmissakke, asook aan meer bekende sportsoorte soos kleiduif- en boogskiet deelneem

 

Die eerste byeenkoms in die avontuurkamp Sediba Kwêle buite Brits was in 2023 toe 16 jongboerspanne deelgeneem het. In 2024 het ditaangegroei tot 20 spanne en vanjaar word 22 spanne verwag. Die jongmanne severnuf gaan in tien aktiwiteite getoets word en die wenspan sal as die Baas vandie Plaas gekroon word.

Michelle Kuyler, OBARO se bestuurder van bemarkingskommunikasie, sê meer gereelde skakeling tussen jong boere uitverskillende streke is noodsaaklik vir die vooruitgang van landbou. Daarom bied dié landbou-onderneming die byeenkoms, wat deur 38 borge ondersteun word, aan.

So word vriendskappe gesmee wat die grondslag lê vir die deelvan inligting en gesamentlike oplossing vir die probleme waarmee landbou sukkel.

“Ons sien uit daarnaom meer as 200 boere te verwelkom,” het sy gesê. Die eerste prys is R100 000, die naaswenner kry R50 000 en die derde prys beloop R25 000. Daar is ook ‘n prys van R25 000 vir die boer met die beste geesdrif.

Die prysgeld moet vir ‘n spesiale projek gebruik word.

In 2023 het Ohrigstad gewen. Hulle het die prysgeld gebruik om ‘n gevorderde hommeltuig te koop wat vir plaasveiligheid aangewend word. Verlede jaar het Brits geseëvier en het ‘n deel van die prysgeld aanliefdadigheid geskenk en die res gebruik om hul boereverenigingsaal op te knap.

Martin Greyling, voorsitter van die Brits-jongboerevereniging, het die saadjie vir die byeenkoms geplant om jong boere oor die distriksgrense heen te verenig omdat hulle ‘n baie groot rol speel. Sonder hulle is daar nie ‘n toekoms vir landbou nie.

Tip-offs Anonymous

Before you make the call, make sure you have the following information ready:

  • Names of the people involved
  • Number of people involved
  • Date and time of the incident of theft
  • Any proof you have
  • How often does this happen?
  • Where did it happen?
  • Is money involved?
  • Are there any witnesses?

"Tip-offs" Anoniem

Voordat jy die oproep maak, maak seker dat jy die volgende inligting gereed het:

  • Name van persone betrokke
  • Hoeveelheid persone betrokke
  • Datum en tyd van voorval of diefstal
  • Enige bewyse beskikbaar
  • Hoe gereeld gebeur dit?
  • Waar het dit gebeur?
  • Is geld betrokke?
  • Is daar enige getuies?