Jong boere van Brits is Baas van die Plaas

Nerfaf knieë, seer spiere en gekneusde ego’s was aan die orde van die dag toe meer as 200 jong boere van 22 boereverenigings mekaar in die landbou-onderneming Obaro se jaarlikse Baas van die Plaas-kompetisie buite Brits die stryd aangesê het. Tuisveld-voordeel het dalk ‘n rol gespeel toe een van die plaaslike spanne, Brits Buite Pêrre, met die eerste prys weggestap het.