OBARO het sy beste van die bestes vereer op ‘n glansgeleentheid in Pretoria waar sy leweransiers erkenning gekry het vir hul rol in die landbouwaardeketting. Met streng beoordeling, hoë standaarde en ‘n klem op dienslewering het die 2025-toekennings weereens gewys watter leweransiers regtig die ekstra myl stap om boere en OBARO aan die gang te hou.
Op 6 November 2025 het OBARO weer sy voorste leweransiers in Pretoria vereer tydens die jaarlikse Leweransier van die Jaar-toekennings. Die geleentheid, wat al sedert 2010 bestaan, het oor die jare ‘n belangrike platform geword om waardering te toon aan die maatskappy se inset- en diensvennote regoor die land.
Volgens Martin Kotzé, bedryfshoof hoof van OBARO, is die toekenningsdag ‘n kernonderdeel van die maatskappy se verhouding met sy leweransiers.
“Ons wil dankie sê vir die besigheid en vir die vertroue wat leweransiers in ons stel.
Omvattende beoordeling bepaal wenners
Leweransiers word aan reels tegniese en diensgerigte kriteria beoordeel. Die sluit onder meer:
- Volledigheid van bestellings
- Teruggestuurde items en eise;
- Tekorte en voorraadbeskikbaarheid
- Spoed van aflewering
- Handels- en betalingskortings; en
- Betalingsvoorwaardes.
Die evaluering word deur OBARO se interne ouditeurs behartig. Punte word sowel vanaf hoofkantoor as vanuit individuele takke toegeken, wat die praktiese, daaglikse werksverhoudings weerspieël
“Dit is vir ons belangrik dat die beoordeling nie net op papier akkuraat is nie, maar ook die werklike dienservaring by takvlak weerspieël,” het Kotzé gesê. “Ons takke werk daagliks met hierdie leweranslers-hulle weet wie regtig die ekstra myl loop”
Wenners per kategorie
Uit honderde leweransiers word finaliste in spesifieke inset-en diensgroepe aangewys, waarna ‘n wenner per kategorie uitgelig word.
Die 2025-kategorie-wenners is:
- Besproeling: RAP Technologies
- Verpakking: Spectra Trust
- Brandstof en olies: TotalEnergies South Africa
- Veevoere: Molatek
- Huis en tuin: Protek
- Kunsmis: Koedoeskop Kunsmis
- Hardeware: Mpumalanga Discount Material
- Onderdele: AutoX
- Veeartseny: Virbac
- Saad: Dekalb
- Landbouchemiese middels: Typhoon Plant Protection
- Klerasie: Jonsson Workwear
- Leweransier van die jaar: RAP Technologies
Die algehele Leweransier van die jaar vir 2025 is RAP Technologies, wat ook die die besproeiingskategorie gewen het.
Die maatskappy het deurgaans hoë punte verwerf oor al die beoordelingsaspekte heen.
Kotzé sê die oorwinning is welverdend.
“RAP Technologies het bewys dat hy nie net produkte van uitstekende gehalte lewer nie, maar ook konsekwent is met sy diensvlakke. Die maatskappy verstaan die ritime van landbou en ondersteun OBARO se sliente met ‘n diersstandaand waarop ons kan staatmaak”
Spesiale toekennings vir uitsonderlike diens
Benewens die kategorie-wenners is ‘n reeks spesiale toekennings gemaak aan leweransiers wat op unieke maniere tot OBARO se sukses bydra. Hierdie erkenning het vanjaar gegaan aan:
- Mpact
- Koedoeskop Kunsmis
- Protek
- Optimizor
- Sasol Nitro
- Franklin Electric South Africa
- Waterpump Group
- Antrovet Animal Health
- Faith Wheels Tankers
- Cinque
Volgens Kotzé is hierdie toekennings aan leweransiers wat of beduidende groei getoon het, óf spesiale ondersteuning en probleemoplossingsvermoëns gelewer het.
“Soms is dit nie net die volume van besigheid wat tel nie – dit is die gehalte van die verhouding en hul bereidheid om saam met ons oplossings te bou wat die verskil maak.”
95 jaar van vennootskap
OBARO, wat al 95 jaar lank betrokke is by landbou-insetprodukte is, beskou sy leweransiers as ‘n verlengstuk van sy diens aan boere. Kotzé benadruk dat die toekennings nie net om mededinging gaan nie, maar om samewerking in die voedselproduksieketting uit te bou.
“Ons sukses as landboumaatskappy staan of val met die mense wat saam met ons werk,” het hy gesê. “Wanneer ‘n leweransier ekstra moeite doen, sien ons dit, en boere sien dit. Hierdie dag is ons manier om hulle te vier.”