Welcome to OBARO events, where we champion the strength of collaboration and interconnected communities to shape a sustainable future for Agriculture in South Africa.
Explore the highlights of our events and delve into detailed information about each gathering, as we strive to foster growth and innovation within the agricultural landscape.

OBARO sien uit om elke jong boer en leweransier te verwelkom na die tweede OBARO Inter Unie wat die komende naweek, 1-3 Maart 2024 by Sediba Kwele buite Brits plaasvind.

Ons is twee weke weg van die volgende OBARO Inter Unie, en die spanning loop hoog. Dit is 'n ongelooflike voorreg om hierdie opwindende geleentheid vir die tweede agtereenvolgende jaar aan te bied, en om te bou op die vorige jaar se sukses.

OBARO, het `n doelgerigte fokus om 'n platform vir jongboere te skep, en die omgewing te bevorder waar vreemdelinge vriende word. Die OBARO Inter Unie bied 'n unieke geleentheid vir die nuwe generasie boere om bymekaar te kom, mekaar te ondersteun, vriendskappe te smee en saam, landbou te bevorder.

OBARO, in samewerking met die Brits Jong-Boerevereniging, tel die dae af tot die eerste OBARO Inter Unie wat die naweek , 10 – 12 Februarie 2023, by Sediba Kwele buite Brits plaasvind.

Antisipasie vir OBARO se Inter Unie is tasbaar in die lug en om selfs meer op die spel te plaas as net ‘n veer in die hoed vir die span wat sy staal wys, kondig ons graag aan dat ons Jongboerspanne gaan meeding vir prysgeld ter waarde van R175 000.

Jongboer-spanne van verskeie landbou unies sal in Februarie 2023 aan aktiwiteite deel neem om hul staal te wys by OBARO se eerste Inter Unie.