By OBARO is ons kultuur gebou op verbintenis, samewerking en die uitleef van ons waardes – om toeganklik, kundig, vreesloos, betroubaar en innoverend te wees. Ons glo dat ‘n sterk interne gemeenskap tot uitsonderlike diens lei, en daarom belê ons in meer as net werk – ons belê in mense.
Deur die jaar vier ons oomblikke wat ons bymekaar bring, van Valentynsdag en Melktertdag tot betekenisvolle geleenthede soos Paasfees, Aardedag, Hemelvaartdag en Vrouedag. Ons Lentebraai- en Erfenisdagfeeste omarm tradisie en saamhorigheid, terwyl ons Kersbraai die jaar met warmte en dankbaarheid afsluit.
Hierdie geleenthede is meer as vieringe – dit is deel van hoe ons as ‘n span groei, ons gedeelde waardes eerbiedig en voortgaan om ‘n maatskappykultuur te bou wat net so dinamies is soos die mense daaragter.











































