OBARO Inter Unie: ‘n Ware Droom

OBARO INTER UNIE: SUKSESVOLLE VOORTSETTING VAN ‘N DROOM

In sy tweede jaar is die OBARO Inter Unie nie net groter nie, maar is daar ‘n duidelike voortsetting van dié suksesverhaal van verlede jaar. OBARO, het ‘n doelgerigte fokus om ‘n platform vir jongboere te skep, en die omgewing te bevorder waar vreemdelinge vriende word.

Die OBARO Inter Unie bied ‘n unieke geleentheid vir die nuwe generasie boere om bymekaar te kom, mekaar te ondersteun, vriendskappe te smee en saam, landbou te bevorder.

Verlede jaar het ons gesien hoe die prysgelde ‘n daadwerklike verskil gemaak het. Ohrigstad Boerevereniging, ons wenners van laasjaar se Inter Unie het met hul prysgeld ‘n  hommeltuig / “drone” aangekoop met die hoofdoel om sekuriteit en plaasveiligheid meer effektief te bestuur in die Ohrigstad omgewing.

Dit is met opwinding wat ons die terugkeer van bekende gesigte en spanne wat verlede jaar hul merk gemaak het verwelkom, maar so ook nuwe gesigte en spanne om die gesonde sportmanskap tussen mekaar te dryf.

Met ‘n paar nuwe aktiwiteite en uitdagings sien ons uit na wie die jaar gaan wegstap as Baas van die Plaas.

Ons wil ook graag opreg dankie sê aan al ons borge wat betrokke is en verseker dat hierdie byeenkoms moontlik is vir nog ‘n jaar

Ons sien uit na ‘n opwindende, aksiebelaaide OBARO Inter Unie vir 2024.

Vloot Bou - obaro-inter-unie-n-ware-droom
Ohrigstad Boerevereninging Wenners. obaro-inter-unie-n-ware-droom

"Tip-offs" Anoniem

Voordat jy die oproep maak, maak seker dat jy die volgende inligting gereed het:

  • Name van persone betrokke
  • Hoeveelheid persone betrokke
  • Datum en tyd van voorval of diefstal
  • Enige bewyse beskikbaar
  • Hoe gereeld gebeur dit?
  • Waar het dit gebeur?
  • Is geld betrokke?
  • Is daar enige getuies?

Tip-offs Anonymous

Before you make the call, make sure you have the following information ready:

  • Names of the people involved
  • Number of people involved
  • Date and time of the incident of theft
  • Any proof you have
  • How often does this happen?
  • Where did it happen?
  • Is money involved?
  • Are there any witnesses?