Groot prysgeld op die spel by OBARO se eerste Inter Unie

R175 000 se prysgeld op die spel by OBARO se eerste Inter Unie.

Antisipasie vir OBARO se Inter Unie is tasbaar in die lug en om selfs meer op die spel te plaas as net ‘n veer in die hoed vir die span wat sy staal wys, kondig ons graag aan dat ons Jongboerspanne gaan meeding vir prysgeld ter waarde van R175 000.

Vir die eerste drie plekke is die prysgeld onderskeidelik: eerste plek (R100 000), tweede plek (R50 000) en derde plek (R25 000).

 

Die OBARO Inter Unie, in samewerking met Brits Jong-Boerevereniging, is ‘n geleentheid waar jongboere van reg oor die land hulle staal kan wys en mekaar beter leer ken. Die geleentheid sal plaasvind van 10 tot 12 Februarie 2023, by Sediba Kwele net buite Brits.

Die OBARO Inter Unie skep ‘n platform vir die nuwe generasie boere om mekaar te ondersteun en saam te werk om ‘n suksesvolle toekoms vir die landboubedryf te skep.

Ons sien uit daarna om die naweek vol aktiwiteite en vermaak te geniet.

TLU Loskop - OBARO Inter Unie
Ohrigstad Boerevereniging - OBARO InterUnie

Terme en voorwaardes van toepassing