Slaapkwartiere is ‘bunkerbed chalet’s’. Dit is binneshuis – nie nodig vir eie tente nie. Nie nodig om eie matrasse te bring nie – beddens en matrasse word verskaf. Bring slegs slaapsak en kussing.
4.2m en ongeveer 40kg.
Hekke is 10:00 oop. Spanne word aangemoedig om die basis van die vlot reeds vooraf te voltooi om seker te maak die vlot is watervaardig. Agv die tydsbeperking sal daar nie te veel tyd hieraan spandeer kan word tydens die aktiwiteit nie nie, die vlotte sal slegs mooi gemaak en versier word en die pontoons sal aan die basis geheg word.
Slegs basiese hulpmiddels sal verskaf word vir versiering- vir enige unieke versierings, voel vry om daai ekstra stukkies los materiaal, vere, hoede… wat ookal jou vlot mooi gaan maak in te pak. Elke ietsie kan help!
OBARO verskaf aan elke span 2 x “pontoons”.
Nee, julle word voorsien met ‘long bow’.
Ja, julle moet julle eie gholfstokke bring.
Nee – Alle etes, insluitend Vrydagmiddag, word voorsien. Daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees. NB asseblief – geen alkohol toegelaat met die hooglandspele of kleiduifskiet aktiwiteite nie.
Elke span ontvang sy eie trui (ons gee vir julle ‘n t-hemp ook) maar welkom om ‘n hemp by te voeg as dit help vir die spangees.
`n Mediese span sal fisies by die perseel wees, op bystand.
Daar is ‘n kluis, alarms en kameras op die perseel. Enige waardevolle items sal veilig bewaar kan word.
Ja, daar sal kaartfasiliteite beskikbaar wees. Dit is ‘n kontantlose kroeg, en slegs kaartbetaling sal aanvaar word.
Punte allokering sal vroeg genoeg gekommunikeer word aan al die spanne. Tellings sal ook beskikbaar wees by elke ete om die sien wie loop voor!