Leerlingskap
Ons leerlingskapprogram streef daarna om die toekoms van bestuur en leierskap in die landboubedryf te vorm.
Sluit by ons program aan en kry waardevolle bestuurservaring deur saam met ’n toegewyde mentor in een van die 26 OBARO-takke te werk. Jy sal nie net praktiese blootstelling en ondervinding in die kleinhandel- en finansiële omgewings opdoen nie, maar ook op ‘n rotasiebasis regdeur alle OBARO-afdelings werk.
Ons program begin elke jaar in Januarie. Wees dus op die uitkyk vir wanneer jy aansoek kan doen.
Ná voltooiing van ‘n eenjaarkontrak, sal jy ‘n kwalifikasie in Algemene Bestuur (NQF 5) behaal.
JOU Blootstelling

Aanbiedingsvaardighede
Leer doeltrefferende kommunikasievaardighede terwyl jy aan professionele aanbiedings reg deur die jaar deelneem, wat jou denkvaardighede verfyn en ook die selfvertroue gee om ’n plan uit te voer.

Tydsbestuur
Ontwikkel die kuns van tydsbestuur deur jou eie tyd effektief te bestuur en binne die dinamika van 'n besige landbouomgewing en saam met kollegas te werk.

Kliënte-interaksie
Bly in lyn met die kliënt deur positiewe interaksie en hulpvaardigheid te toon wanneer jy kliënte in die winkel verwelkom en adviseer. Hier leer jy om kliënte se unieke behoeftes te verstaan.

Spanwerk
Kry die geleentheid om met diverse mense in verskeie afdelings te werk, vanaf die tak tot ons hoofkantoor. Ontwikkel 'n breë perspektief deur saam met verskeie spanlede en afdelings te werk.

Fisiese werk
Deur aktief aan “voete op die plaas”-initiatiewe deel te neem, gaan jy nie net teoretiese vaardighede aanleer nie, maar werklike ervaring opdoen deur self jou hande vuil te maak.

Bestuursvaardighede
Ontwikkel leierskap deur praktiese bestuurstake, waar jy verantwoordelikheid dra vir projekte en inisiatiewe.

Verskillende afdelings
Kry 'n volledige beeld van die landbouwaardeketting deur rotasiewerk in verskeie afdelings van OBARO. Verstaan hoe elke aspek saamwerk om 'n suksesvolle landbouonderneming te vorm.

Kliëntediens
Bly in lyn met die boer wanneer jy positiewe kliënteverhoudinge bou deur interaksie en betrokkenheid. Hier leer jy om boere se unieke behoeftes te verstaan.

Finansiële ontleding
Verwerf insig in die finansiële aspekte van landboubestuur deur aan finansiële analise en projekte deel te neem. Begryp finansiële besluite se impak op die sukses van 'n landbouonderneming.