Help ons om ‘n beter toekoms vir landbou te bewerkstellig.
Ons nooi jou om by die OBARO-span aan te sluit en saam ‘n beter toekoms vir ons bedryf te bou. Kyk na ons vakante poste en sien of enigeen by jou vaardighede en belangstellings pas. Ons glo in ‘n positiewe werkskultuur wat loopbaangroei en innovasie aanmoedig, daarom sien ons daarna uit om dié kultuur met nuwe spanlede te deel.
Vrywaring – Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting
Deur gebruik te maak van hierdie webwerf erken jy dat jy die volgende vrywaring met betrekking tot die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPI) aanvaar.
VOORDELE OM BY OBARO TE WERK
By OBARO glo ons daarin om ‘n werksomgewing te skep wat nie net vir ons werknemers voordelig is nie, maar ook die belangrike werk van landbou bevorder. Ons bied omvattende maatskappyvoordele wat lewensversekering, ongeskiktheidsdekking en begrafnisdekking insluit. Dit verseker dat elke werknemer, asook hul familie, in die geval van onverwagte omstandighede beskerm is.
Ons moedig ook ons werknemers aan om hul opleiding voort te sit en bied geleenthede vir verdere studies. Vir diegene wat langtermyn by ons werk, bied ons langdiensbelonings en -sertifikate.
Die belangrikste is waarskynlik ons maatskappykultuur wat ‘n gevoel van aanvaarding en gemeenskap skep. Ons verstaan dat ons werknemers die hartklop van ons maatskappy is en ons maak seker dat hulle weet hulle word waardeer.
LEERLINGSKAP
Ons leerlingskapprogram streef daarna om die toekoms van bestuur en leierskap in die landboubedryf te vorm.
Sluit by ons program aan en kry waardevolle bestuurservaring deur saam met ’n toegewyde mentor in een van die 27 OBARO-takke te werk. Jy sal nie net praktiese ondervinding in die kleinhandelafdeling kry nie, maar ook op ‘n rotasiebasis regdeur alle OBARO-afdelings werk.
Ons program begin elke jaar in Januarie. Wees dus op die uitkyk vir wanneer jy aansoek kan doen.
Ná voltooiing van ‘n een-jaar-kontrak, sal jy ‘n kwalifikasie in Algemene Bestuur (NQF 5) behaal.
RENTMEESTERSKAP
Om ‘n kultuur van rentmeesterskap te bevorder, moedig ons ons werknemers aan om in die maatskappy se groei en sukses te belê.
Ons doen dit deur maatskappyaandele aan werknemers beskikbaar te stel. Sodoende skep ons ‘n gedeelde toekomsvisie, een waar ons almal werk om ons kollektiewe doelwitte te bereik.
Ons wil hê ons werknemers moet voel hulle is deel van iets wat hulle help bou en waarin hulle ’n aandeel het.
C/o Graham & Silverlakes Straat,
Silverlakes, Pretoria, 0081
Tel: 012 381 2800
E-pos: [email protected]