Terme En Voorwaardes Van Fakture

Die kliënt erken dat hy/sy die goedere/dienste sonder waarborg (hetsy uitdruklik of stilswyend) of enige ander voorstelling hoegenaamd van OBARO aankoop en dat OBARO geen verpligting teenoor die kliënt het met betrekking tot die aard, omvang, kapasiteit, gebruiksaanwending, kwaliteit of ander kwalifikasie van die goedere/dienste nie.

Die kliënt vrywaar OBARO van enige aanspreeklikheid ten opsigte van enige aksie, eis, skade, uitgawe en koste wat deur OBARO gely of aangegaan mag word, direk of indierek as ʼn gevolg van die verskaffing van goedere/dienste deur OBARO aan die kliënt.

Die grootste sorg word geneem om saad van die beste gehalte te verskaf maar OBARO gee geen uitdruklike of stilswyende waarborg met betrekking tot die beskrywing, gehalte, ontkiemingsvermoë, immuniteit teen plantsiektes, opbrengs potensiaal of enige ander kwalifikasie van die saad nie en OBARO aanvaar geen aaspreeklikheid vir die oes of enige verlies of skade van enige aard of moontlike besmetting van die saad nie.

Eienaarskap van alle goedere deur OBARO aan die kliënt verkoop, sal nie in die kliënt verstig alvorens die totale bedrag verskuldig aan OBARO betaal is nie.

"Tip-offs" Anoniem

Voordat jy die oproep maak, maak seker dat jy die volgende inligting gereed het:

  • Name van persone betrokke
  • Hoeveelheid persone betrokke
  • Datum en tyd van voorval of diefstal
  • Enige bewyse beskikbaar
  • Hoe gereeld gebeur dit?
  • Waar het dit gebeur?
  • Is geld betrokke?
  • Is daar enige getuies?

Tip-offs Anonymous

Before you make the call, make sure you have the following information ready:

  • Names of the people involved
  • Number of people involved
  • Date and time of the incident of theft
  • Any proof you have
  • How often does this happen?
  • Where did it happen?
  • Is money involved?
  • Are there any witnesses?