verbruikersbeskerming

RIGLYNE VIR BEMARKERS EN LANDBOUKUNDIGES OM ADVIES AAN KLIËNTE TE VERSKAF WAT NIE IN STRYD IS MET DIE BEPALINGS VAN DIE VERBRUIKERSBESKERMINGSWET NIE

Die Verbruikersbeskermingswet is nie net van toepassing op die verskaffing van produkte nie, maar ook op die verskaffing van dienste, en die definisie van dienste in Artikel 1 van die Wet sluit spesifiek die verskaffing van advies in, daarom verskaf ons die volgende riglyne aan Bemarkers en Landboukundiges wanneer dit kom by verskaffing van advies aan kliënte:

  1. Bevestig jou advies op skrif: Dit is baie belangrik om ‘n rekord te hê van die advies wat aan ‘n kliënt verskaf  word en die beste rekord is ‘n skriftelike rekord.  Stuur ‘n epos of faks om jou   advies te bevestig en hou daardie epos of ‘n afskrif van die faks vir jou rekords.  Bevestig skriftelik watter inligting aan jou verskaf is om jou advies op te basseer en gee ‘n behoorlike rekord van die advies wat jy verskaf, bv. wanneer kunsmis toegedien moet word, hoeveel kunsmis toegedien moet word en hoe dit aangemaak en toegedien moet word.  Hou ook enige sms’e of ander selfoonboodskappe wat moontlik in die verband van en aan kliënte gestuur mag word.
  2. Maak seker dat jy die korrekte inligting tot jou beskikking het voordat jy advies gee: Vra die regte vrae en maak seker dat jy al die nodige inligting het om ‘n opinie te vorm en om jou advies op te basseer, bv. as jy advies gee oor ‘n spesifieke tipe gif wat op ‘n oes gebruik moet word om ‘n spesifieke insek/parasiet dood te maak, maak seker dat daar nie ‘n ander probleem ook is wat aangespreek moet word nie, of dat die oes in die regte stadium van groei is vir die spesifieke gif om toegedien te word.  Maak ook seker dat die spesifieke produk nie ‘n ander probleem met die oes kan veroorsaak wat deur die toediening van ‘n addisionele produk reggemaak moet word nie.
  3. Wees spesifiek oor die produk wat jy aanbeveel vir gebruik: Indien daar verskillende tipes van dieselfde produk is bv. Prodose Orange en Prodose Yellow, wees spesifiek en moet nie net verwys na Prodose nie.
  4. Wees spesifiek oor wanneer produkte toegedien moet word: (Artikel 61) Gee aan die kliënt spesifieke aanbevelings oor wanneer ‘n produk, bv. gif, toegedien moet word om te verhoed dat die kliënt dit toedien wanneer dit reeds te laat is of wanneer die oes nog te jonk is.
  5. Kwalifiseer jou advies: (Artikel 61) Stel dit duidelik in jou skriftelike kommunikasie aan die kliënt dat jou advies gebasseer is op die inligting wat deur die kliënt op ‘n sekere tydstip aan jou verskaf is en/of hoe die lande en/of oes op die stadium toe jy die advies gegee het, gelyk het en wat die stand daarvan was.
  6. Onthou om jou rekords op datum te hou: Doen dit deur middel van eposse of fakse om te bevestig dat die kliënt jou advies gevolg het of nie gevolg het nie of slegs gedeeltelik gevolg het en wat die uitwerking daarvan was.  Bevestig bv. dat die insekprobleem nou opgelos is en dat daar nou verdere bemesting nodig is ens.
  7. Moenie die kliënt mislei nie: (Artikel 41) Moenie enige voorstellings aan ‘n kliënt maak tensy jy redelike gronde het om te glo dat die voorstelling waar is nie.
  8. Wys enige risiko’s skriftelik aan die kliënt uit: (Artikel 58) Indien jy bewus is van enige risiko’s wat die navolging van jou advies mag inhou, wys dit skriftelik aan jou kliënt uit wanneer jy jou aanbeveling maak.
  9. Rapporteer moontlike probleme dadelik: Onthou om onmiddellik jou direkte hoof in kennis te stel van enige moontlike eise wat mag ontstaan as gevolg van advies wat jy aan ‘n kliënt gegee het.  Die rede hiervoor is dat enige moontlike eise so gou as wat ons daarvan bewus word aan ons versekeraar gerapporteer moet word om te voorkom dat ‘n eis later afgewys word.
  10. Moet geen waarborge lewer nie. Moenie opbrengs waarborg nie.
  11. Moenie advies gee buite jou deskundige veld nie: Moenie advies gee buite jou deskundige veld nie, gee eerder ‘n opinie, en kwalifiseer duidelik wanneer jy nie bevoeg is om advies te lewer nie maar bloot ‘n opinie te lewer.
  12. Sit indemnifisering by korrespondensie Alle korrespondensie moet vergesel word van die volgende indemnifisering en kwalifikasie: “Hierdie advies word gegee onderhewing aan die omvang van die inligting soos weergegee deur die kliënt en toepassing van korrekte boerderymetodes deur die kliënt”.

Disclaimer- Protection of Personal Information Act
By making use of this platform you acknowledge that you have read and accept the following Protection of Personal Information Act, Act 4 of 2013 (POPI) disclaimer.

  1. OBARO shall take all reasonable measures to protect the personal information of users of this platform and for the purpose of this disclaimer “personal information” shall have the meaning ascribed to it in the Promotion of Access to Information Act, Act 2 of 2000 (PAIA) and POPI. The acts are available online at www.gov.za/documents/acts.
  2. OBARO collects personal information from users of this platform to conduct criminal, credit, employment reference and other related reference checks and to verify your qualifications.
  3. All personal information collected by OBARO will be stored in a secure and safe manner according to strict information security principles, with safeguards to ensure its privacy and confidentiality, for no longer than is necessary to achieve the purpose for which it was collected, unless further retention is required by law or contractual obligation, after which the information will be de-identified.
  4. OBARO will not disclose your personal information, unless legally permitted thereto and you have the right to access your personal information collected by OBARO, to update your personal information and to object to Obaro processing your personal information.
  5. OBARO accepts no liability whatsoever for any loss, damage (whether direct, indirect, special or consequential) and/or expenses of any nature whatsoever which may arise as a result of, or which may be attributed directly or indirectly to personal information made available on this platform, or actions resulting therefrom.