Search
Close this search box.

OBARO Inter Unie – Twee Weke om te Gaan

OBARO INTER UNIE - TWEE WEKE OM TE GAAN

Ons is twee weke weg van die volgende OBARO Inter Unie, en die spanning loop hoog. Dit is ‘n ongelooflike voorreg om hierdie opwindende geleentheid vir die tweede agtereenvolgende jaar aan te bied, en om te bou op die vorige jaar se sukses. Met 20 spanne wat gereed is om die arena te betree, beloof hierdie jaar se Inter Unie ‘n viering van landbouvaardighede en kameraadskap.

OBARO Inter Unie – ‘n Ware Droom

vlot bou - OBARO Inter Unie

OBARO, het `n doelgerigte fokus om ‘n platform vir jongboere te skep, en die omgewing te bevorder waar vreemdelinge vriende word. Die OBARO Inter Unie bied ‘n unieke geleentheid vir die nuwe generasie boere om bymekaar te kom, mekaar te ondersteun, vriendskappe te smee en saam, landbou te bevorder.