Wie is ons

Met 26 handelspunte verspreid oor vyf provinsies, dien Obaro as ’n toon-aangewende landbou maatskappy met meer as 90 jaar se ervaring in die industrie.  

Sedert die maatskappy se stigting in 1930, is daar nooit wegbeweeg van ons visie om in lyn met die boer te wees nie.

Met uitgebreide produkte en dienste, wat strek van handel en brandstof na finansiering en versekering, is Obaro in staat om in elke kliënt se behoeftes te voorsien.

Handel

Obaro Handel voorsien top-gehalte inset produkte, om ons boere in staat te stel om op ’n suksesvolle en volhoubare wyse te kan boer. Ons hoof produk reekse sluit in: besproeiing, dieregesondheid en veevoer, saad, chemikalieë, kunsmis, parte vir landbou masjinerie, hardeware en tuinbou voorraad.

Finansiering en Versekering

As ’n geregistreerde finansiële dienste verskaffer en gemagtigde krediet verskaffer (FSP no. 22414, NCRCP299), bied ons verskeie finansierings- en versekerings opsies vir ons kliënte om van te kies.

Funksies en Geleenthede

Obaro bied jaarlikse Inligtingsdae, Karkas Kompetisies, Leerlingskap programme en Internskap geleenthede aan, as deel van ons strategie om in lyn met die boer te wees. Deur innoverende projekte, konstante navorsing en betroubare ondersteuning, doen ons ons deel om die voortdurende groei en uiteindelike sukses van die landbou sektor te verseker.

Pin It on Pinterest