OFD Sit Voete Op Die Grond

OBARO Finansiële Dienste sit voete op die grond om in lyn met die boer te wees

Ons het die afgelope tyd die OBARO Finansiële Dienste (OFD) span in die kollig geplaas op OBARO se sosiale media, waar ons die gehoor `n kykie gegee het oor hoe die gedugte span saamwerk, om `n holistiese benadering tot verskeie finansiële oplossings te bied.  

Ons weet dit is belangrik vir jou as boer om gemoedsrus te hê as dit kom by geldsake, maar ook dat kundigheid en begrip van die bedrywe en wat aangaan op die plaas `n belangrike rol speel. OFD en elke spanlid wil die sekerheid bied, deur saam met jou hul hande en voete vuil te maak, te bou op suksesse en saam besigheid te kweek. 

Vanaf ons Krediet Risiko Bestuurders tot Verhoudingsbestuurders, wil ons jou finansiële reis met duidelikheid en vertroue navigeer en verwagtinge oortref. Lees gerus hieronder oor elkeen se stukkie wysheid wat hulle deel:

"Ons kyk na die stabiliteit van `n boerdery"

Lientjie Venter - Sit Voete Op Die Grond

Lientjie Venter

Algemene Bestuurder: Bedryf-Finansiële Dienste

Lientjie werk nou al bykans 5 jaar in die landboubedyf en het ‘n sterk verbintenis daarmee.

Lientjie, wat is die gunsteling deel van jou werk?

“Nie een dag is dieselfde nie.

Die diversiteit wat elke seisoen bring skep konstant nuwe geleenthede om boere te ondersteun deur hul uitdagings en behoeftes aan te spreek. Dit is ook dan baie bevredigend om te sien hoe boere, na `n moeilike seisoen, dankbaar getuig van die rol wat ons finansiering in hul sukses gespeel het.”

Finansierings risiko’s vir boere:

“Ons kyk na verskeie aspekte van `n boerdery wanneer ons finansiering oorweeg, insluitend die winsgewendheid, terugbetaalvermoë, inkomstevolatiliteit, kredietrisiko, langtermynvolhoubaarheid en die mate van sekuriteit wat die boer kan bied. Hierdie faktore speel `n kritieke rol in die bepaling van die sukses en stabiliteit van `n boerdery. Daarnaas word die tipe boerdery ook in ag geneem, insluitend die spesifieke gewasse wat verbou word, besproeiingsmetodes en die diversiteit van die boerdery.”

Advies vir nuwe boere:

“Vir `n boer wat onlangs begin het, sal ek aanbeveel om `n betroubare boerdery vennoot te vind wat jou kan ondersteun deur die uitdagings en suksesse van die bedryf. Leer van ander boere se ervarings en suksesverhale in jou area en raak betrokke by die plaaslike gemeenskap.

Waardeer elke dag as `n geleentheid om deel te wees van God se skepping en `n bydrae te lewer tot voedselsekuriteit, werkskepping en volhoubaarheid.”

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

"Ons is ingesteld om die pad saam jou te stap"

Jeandre Coetzer

Krediet Dataspesialis

Jeandre het 10 jaar se ondervinding en kennis van die Landbou sektor 

Jeandre Coetzer - Sit Voete Op Die Grond
Jeandre, hoekom kom jy werk toe elke dag?

“Om `n verskil te maak in die Landbou omgewing deur boere in staat te stel om die boerdery vorentoe te neem met die finansiering opsies wat OBARO en OFD bied.” 

Volgens jou wat is `n groot finansierings risiko vir boere?

“Waterbeskikbaarheid op die plaas is `n groot aspek wat ons in ag neem, wanneer ons finansiering oorweeg.”

Wat sal jou advies wees vir nuwe boere om hulle gemoedsrus te gee?

“Moet nie skroom om die OBARO span enige tyd te skakel met enige vrae of advies nie. Ons is ingesteld om die pad saam die boer te stap.”

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

"Boerdery praktyke kan `n effek hê op jou finansiering"

Roelien Brits - Sit Voete Op Die Grond

Roelien Brits

Krediet Risiko Bestuurder

Roelien het 15 jaar se ervaring in Landbou finansiering.

Gunsteling deel van jou werk:

“Kredietbestuur in Landbou, want met my kennis kan ek werklik `n verskil maak.”

Finansierings risiko’s vir boere:

“Die bekostigbaarheid, boerdery praktyke, volhoubaarheid en tipe gewasfinansiering wat benodig is speel elk `n belangrike rol.”

Roelien se goue stukkie advies aan nuwe boere:

“Eerlikheid. Moet nie te lank wag as jy `n probleem het nie.”

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

"Waterbeskikbaarheid het `n direkte invloed op jou inkomste"

Surita Breet

Krediet Risiko Bestuurder

Surita werk al 16 jaar in die landbou sektor, waarvan al 16 jare by OBARO is! 

Surita Breedt - Sit Voete Op Die Grond
Wat is die hoogtepunt van hierdie 16 jaar se werk by OBARO? 

“Ek geniet dit om uit te gaan op plaasbesoeke en die gesig agter die naam te ontmoet. Die interaksie met die boere is een van die lekker dele van my werk en om te hoor watter uitdagings hulle in die gesig staar.” 

Surita gee vir ons advies van haar eie perspektief oor die finansierings risiko’s:  

“Eerste risiko waarna ek kyk is of dit `n besproeiing of droëland boer is. Tweedens kyk ek na die tipe gewasse wat aangeplant word. Is dit `n gewas wat die boer onder kontrak lewer of gaan hy dit op die ope mark verkoop?” 

Is jy `n nuwe boer? Hier is Surita se advies aan jou: 

“Maak seker van die waterbeskikbaarheid en waterregte op die grond waarop geboer word, aangesien dit `n direkte invloed op die boerdery se inkomste en winsgewendheid sal hê. Waterregte verhoog ook die waarde van die eiendom en dit beïnvloed ook die moontlikheid van finansiering vorentoe veral as daar gedink word aan uitbreiding en ontwikkeling omrede boerdery maar altyd `n veranderde omgewing bly.” 

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

"`n Goeie verhouding met jou Insetbemarker help"

Yolandi le Grange - Sit Voete Op Die Grond

Yolandi le Grange

Krediet Risiko Bestuurder

Yolandi is omtrent 15 jaar werksaam in die Landbou sektor. 

Hier is een van Yolandi se hoogtepunte en redes waarom sy haar werk geniet: 

“Wanneer ons `n boer se dag kan maak deur vir hom te laat weet sy finansiering is goedgekeur. Natuurlik is die mense saam wie ek werk `n bonus.” 

Yolandi, deel asseblief met ons jou kennis oor finansierings risiko’s vir boere:

“Ons kyk na die area waar die kliënt plant en of dit geskik is vir die tipe gewas sowel as die betaal geskiedenis en sy finansiële posisie.” 

`n Paar punte van wysheid vanaf Yolandi: 

“Maak seker om `n goeie verhouding met jou Verhoudingsbestuurder en Insetbemarker op te bou. Vra raad by hulle sowel as by jou buurman. Woon inligtingsessies by en mees belangrikste, vertrou op die Here.” 

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

"Jou boerdery se eksponensiële groei is belangrik"

Koos van den Berg

Finansiering Streeksbestuurder

Koos is al 16 jaar op die grondpaaie, besig om plase te besoek waar hy verhoudings bou met ons boere. 

Koos van den Berg - Sit Voete Op Die Grond
Gunsteling deel van jou werk:

“Om die boerdery te sien groei met ons finansiële bystand.” 

Wat is die rede vir gereelde plaas besoeke? 

“Ons moet weet hoe lyk die boerdery praktyke wat die boer toepas voor ons vir hulle fondse gee, natuurlik om `n boer beter te leer ken en hom `n vriend te kan noem is altyd lekker.” 

Is jy `n nuwe boer? Hier is Koos se advies aan jou: 

“Dit gaan nie altyd net goed of sleg gaan nie, maar geniet die tye wat dit goed gaan.” 

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

"Gevestigde boere as mentors kan werklik help"

Kobus Viljoen - Sit Voete Op Die Grond

Kobus Viljoen

Finansiering Streeksbestuurder

Kobus het 30 jaar se ondervinding, waar hy sy voete op die plase van ons boere los.

Kobus, wat doen jy elke dag by die werk?

“Ek is betrokke by verskeie boerderye, en ek kan eerstehands sien hoe finansiële ondersteuning en die regte praktyke die besighede groei.”

Hoekom is plaas besoeke so belangrik? 

“Die besoeke moet deel word van die boerdery se finansiële beplanning en om `n vertrouensverhouding te bou. As streeksbestuurder wil ek meer as net `n transaksionele verhouding bou, ek wil as strategiese vennoot dien vir die boer.” 

Advies vir nuwe boere:

“Deursettingsvermoë en maak gebruik van gevestigde boere as mentors.” 

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

"Saam aan oplossings dink en 'best practices' deel"

James Wright

Verhoudingsbestuurder

James het 15 jaar se kennis opgebou in verskeie sektore maar fokus nou daarop om verhoudings te bou en `n nouer pad saam ons boere te stap.

James Wright - Sit Voete Op Die Grond
Wat is dié lekkerste deel van die werk vir jou?

“Dit is lekker om planne te maak. Saam met die boere te dink aan oplossings. Ook om “best practices” te deel. 

`n Boer kan vir jou vertel hoekom hy sy lusern eerder twee keer draai as drie keer, vir hom gaan dit oor die blaar verlies, watter tipe kunsmis en bespuitings hy op sy bome doen en natuurlike wanneer.  Hy weet ook wat om te verwag sou dit reg gedoen word.   

Maar so kan ons weer vir hom wys hoe om na sy finansiële state te kyk en ook sy kontantvloei staat aan te pas.” 

James, vertel ons hoekom jy plase besoek?

“Jy vorm `n baie beter idee van hoe die boer sy besigheid bestuur en dit help om jou motiverings inligting vir finansierings aansoeke deur te gee. As die kliënt met jou praat, kan jy `n prentjie skep in jou gedagtes van wat hy probeer oordra.” 

Kort jy bietjie motivering as `n nuwe boer? James deel graag: 

“Omring jou met kundige mense. Luister na hulle. Alhoewel `n kontantvloei staat selde uitwerk, is dit `n baie handige stuk inligting wat vir jou verskille kan uitwys in jou bestuur.” 

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

"Sit voete op grond om in lyn met die boer te wees"

Franco Fourie - Sit Voete Op Die Grond

Franco Fourie

Verhoudingsbestuurder

Franco is nou 1 jaar en 4 maande by OBARO, waar hy ook deel was van OBARO se leerlingskap-program.

Gunsteling deel van jou werk:

“Om die kliënte op hulle plase te besoek en die verskillende boerdery praktyke te sien.” 

Hoekom is plaas besoeke vir jou so belangrik?

“Om die boer en sy boerdery beter te leer ken. OBARO se visie is om in lyn te wees met die boer, daarom is dit belangrik om fisies op die boer se plaas te wees om te bepaal wat die boer se behoeftes en uitdagings is.” 

Wat sal jou advies wees aan nuwe boere?

“Om sy/haar boerdery so goed as moontlik te diversifiseer om moontlike risiko’s en kontantvloei druk te verminder.” 

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!!

"Die regte finansiering kan `n verskil maak"

Andries Kruger

Verhoudingsbestuurder

Andries gaan nou vir sy 9de jaar by OBARO, waarvan 2 as kredietadministrateur was en die laaste 7 `n verhoudingsbestuurder in die veld. 

Andries Kruger- Sit Voete Op Die Grond
Hoe maak jy elke dag `n verskil by die werk?

“Om elke dag met ander tipe boerderye te kan werk en te  sien hoe OBARO se finansiering `n verskil maak in die landbou sektor en ons kliënte se boerderye.” 

Hoekom is plaas besoeke vir jou so belangrik? 

“Dis belangrik omrede ons seker moet maak of die kliënt wel geplant het en of die oeste relatief goed lyk om ons risiko te beskerm. Dit kan ook help om meer geleenthede te identifiseer om ons kliënte beter by te staan.” 

Hoe sal jy nuwe boere motiveer? 

“Om nooit moed te verloor nie en altyd vrae te vra as hulle onseker is.” 

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

"Ons werk agter die skerms, maar ons sien die impak!"

Juliana Ramage

Finansiële Bestuurder

Juliana het in 2019 die landbou sektor betree. Sy het eintlik groot geword op ‘n bees plaas in die Kalahari, so sy is al haar hele lewe voorberei vir die landou sektor.

Watter gedeelte van jou werk geniet jy die meeste?

“Die verskeidenheid. Elke seisoen bring nuwe uitdagings en geleenthede, wat elke jaar uniek maak. Finansiële bestuurders werk baie agter die skerms, maar dit is vir my so lekker om die impak te sien wat OFD op ons boere se plase maak. Om ‘n getuie te wees van ‘n suksesvolle oes jaar is baie bevredigend.”

Hoe pas jou rol as Finansiële Bestuurder in by die OFD span, en hoe ondersteun jy hulle?

“My rol as finansiële bestuurder is om finansiële data te ontleed en insig te gee om ingeligte besluite te neem. Dit is my verantwoordelikheid om OBARO Finansiële Dienste se vooruitskattings (begrotings) te doen en dan as die finansiële jaar afsluit, die rapportering in die vorm van jaarlikse finansiële state te doen. 

Hierdie state word dan deur aandeelhouers, beleggers, direkteure en regulerende liggame (soos SARS, banke en NCR) gebruik om ons finansiële prestasie en posisie te verstaan. 

Wat maak jou werk in die landbou-sektor uniek in vergelyking met ander finansiële sektore?

“Die landbou sektor se inkomstes is wisselvallig, as gevolg van verskillende gewasse, verskillende seisoene, weersomstandighede, plantsiektes en nog soveel meer. 

Hierdie maak finansiële beplanning en vooruitskatting uitdagend. Ons ervaar seisoenale kontantvloei, wat noukeurige kontantbestuur vereis.” 

Na watter risiko`s kyk jy agter die skerms?

“Kontantvloei! Dit is die mees belangrikste aspek van enige plaas.” 

Om meer te lees oor die OFD span, besoek ons Facebook-blad!

OFD glo in die waarde van `n langtermynverhouding, en elke boer is ons nommer een kliënt. Geen afstand of grondpad sal ons weerhou om jou plaas te besoek nie. 

Ons staan reg om hierdie reis saam jou met duidelikheid en vertroue te navigeer, verwagtinge te oortref en saam doelwitte te bereik. 

Kontak ons gerus vir enige finansierings bystand op jou plaas!