Search
Close this search box.

Die OBARO Inter Unie skep ‘n platform vir die nuwe generasie boere om mekaar te ondersteun en saam te werk om ‘n suksesvolle toekoms vir die landboubedryf te skep.

LEES MEER

Aktiwiteite

Beskrywing

Algemene Vrae:

Slaapkwartiere is ‘bunkerbed chalet’s’. Dit is binneshuis – nie nodig vir eie tente nie. Nie nodig om eie matrasse te bring nie – beddens en matrasse word verskaf. Bring slegs slaapsak en kussing.

Jy word vasgemaak en sit in‘n harnas vir die zipline. Die harnas is gesertifiseer om tot 3 ton te hanteer. Die toue waaraan die harnasse hang, is gesertifiseer om 6 ton te hanteer.

Hekke is Vrydag, 1 Maart van 10:00 oop. Spanne word aangemoedig om die basis van die vlot reeds vooraf te voltooi om seker te maak die vlot is watervaardig. Agv die tydsbeperking sal daar nie te veel tyd hieraan spandeer kan word tydens die aktiwiteit nie nie, die vlotte sal slegs mooi gemaak en versier word en die pontoons sal aan die basis geheg word.

Slegs basiese hulpmiddels sal verskaf word vir versiering- vir enige unieke versierings, voel vry om daai ekstra stukkies los materiaal, vere, hoede… wat ookal jou vlot mooi gaan maak in te pak. Elke ietsie kan help!

Elke span ontvang: 2 x ‘pontoons’. Daar sal ‘n spens wees, met ‘n paar hulpmiddels soos spuitverf, organza, papier, polesteirien ens, om te help met die versiering van die vlotte, maar let wel, as die spens leeg is, is hy leeg. Spanne is welkom om ekstra hulpmiddels van die huis af te bring!

Inteenteen, ONS BEVEEL DIT AAN!

Nee, julle word voorsien met ‘long bow’.

Nee – Alle etes, insluitend Vrydagmiddag, word voorsien. Kontantkroeg beskikbaar van 11:00 1 Maart en Saterdag, 2 Maart. NB asseblief – geen alkohol toegelaat met die hooglandspele of kleiduifskiet aktiwiteite nie. 

Elke span ontvang sy eie trui (ons gee vir julle ‘n t-hemp ook) maar welkom om ‘n hemp by te voeg as dit help vir die spangees.

`n Mediese span sal fisies by die perseel wees, op bystand, Vrydag 1 Maart 2024, 10:00-18:00 en Saterdag 2 Maart 2024, 07:30 – 19:00.

Daar is ‘n kluis, alarms en kameras op die perseel.
Enige waardevolle items sal veilig bewaar kan word.

Ja, daar sal kaartfasiliteite beskikbaar wees. Dit is ‘n kontantlose kroeg, en slegs kaartbetaling sal aanvaar word.

Punte allokering sal vroeg genoeg gekommunikeer word aan al die spanne. Tellings sal ook beskikbaar wees by elke ete om die sien wie loop voor!

Hoogtepunte van OBARO Inter Unie 2024

OBARO INTER UNIE - 2 WEKE OM TE GAAN

OBARO Inter Unie – Twee Weke om te Gaan

Ons is twee weke weg van die volgende OBARO Inter Unie, en die spanning loop hoog. Dit is 'n ongelooflike voorreg om hierdie opwindende geleentheid vir die tweede agtereenvolgende jaar aan te bied, en om te bou op die vorige jaar se sukses.

vlot bou - OBARO Inter Unie

OBARO Inter Unie – ‘n Ware Droom

OBARO, het `n doelgerigte fokus om 'n platform vir jongboere te skep, en die omgewing te bevorder waar vreemdelinge vriende word. Die OBARO Inter Unie bied 'n unieke geleentheid vir die nuwe generasie boere om bymekaar te kom, mekaar te ondersteun, vriendskappe te smee en saam, landbou te bevorder.

Media 2024

BORGE

Hoogtepunte van OBARO Inter Unie 2023

Tel die dae af tot OBARO Inter Unie

OBARO, in samewerking met die Brits Jong-Boerevereniging, tel die dae af tot die eerste OBARO Inter Unie wat die naweek , 10 – 12 Februarie 2023, by Sediba Kwele buite Brits plaasvind.

Groot prysgeld op die spel by OBARO se eerste Inter Unie

Antisipasie vir OBARO se Inter Unie is tasbaar in die lug en om selfs meer op die spel te plaas as net ‘n veer in die hoed vir die span wat sy staal wys, kondig ons graag aan dat ons Jongboerspanne gaan meeding vir prysgeld ter waarde van R175 000.

Rugby - OBARO Inter Unie

Eerste OBARO Inter Unie tussen Jongboere

Jongboer-spanne van verskeie landbou unies sal in Februarie 2023 aan aktiwiteite deel neem om hul staal te wys by OBARO se eerste Inter Unie.

Media 2023