Spanne sê mekaar eersdaags die stryd aan in die derde OBARO Inter Unie

Die doel agter hierdie kompetisie is om ’n platform vir jongboere te skep waarbinne hulle mekaar kan leer ken, vriendskapsbande kan smee en só die omgewing waarbinne hulle moet boer kan vorm en landbou kan bevorder.
Derde OBARO Inter Unie Om Die Draai

OBARO wil met die Inter Unie wat die komende naweek, 28 Februarie – 2 Maart 2025 by Sediba Kwele buite Brits plaasvind, die doelgerigte platform skep waar jong boere meer gereeld met mekaar kan skakel.