Search
Close this search box.

Besproeiing, die Boer, en El Niño: Wat moet jy weet?

Ons ervare boer verstaan hoeveel beplanning ‘n boerdery verg, en iets onverwags soos klimaat ekstreemtes is die laaste ding waarmee jy wil sukkel. In hierdie artikel gee ons ‘n kort oorsig oor die El Niño klimaatverskynsel.

Die belangrikheid van aanpasbare bestuurspraktyke, soos waterbewaring, die gebruik van droogtebestande gewasse en presisiebesproeiingstegnieke, word ook bespreek. Hiermee saam gee ons ook ’n paar voordele vir jou as boer oor die implementering van spilpuntbesproeiing en hoe OBARO saam Zimmatic se innoverende tegnologie jou kan help met die bestuur van waterhulpbronne gedurende hierdie maande.

Wat is die El Niño weerverskynsel?

Volgens die FAO is El Niño ‘n natuurlike verskynsel wat gekenmerk word deur die abnormale opwarming van die see-oppervlaktemperature in die sentrale en oostelike ekwatoriale Stille Oseaan. Gemiddeld, kom dit elke twee tot sewe jaar voor en kan tot agtien maande duur.

El Nino

Tydens El Niño-episodes word normale patrone van tropiese neerslag en atmosferiese sirkulasie ontwrig, wat ekstreme klimaatgebeure wêreldwyd veroorsaak. Hierdie klimaatsversteurings kan beduidende impakte hê op globale weerspatrone, insluitende onreëlmatige reënval en droogtetoestande.

So wat beteken dit vir jou as ‘n boer?

Tydens maande van droogte, onsekerheid en ’n skaars hulpbron soos water, kan ’n boer nie sy plaas op die spel sit nie. Daarom is dit wys om op jou huidige water-bestuurspraktyke te reflekteer en te kyk watter tegnieke `n suksesvolle opbrengs sal verseker.

Hiermee ’n paar waterbesparings wenke wat jy op jou plaas kan implementeer:

    • Reënwateropvangstelsels

    As ’n boer, het jy waarskynlik reeds damme en kanale in plek vir jou besproeiingsisteme, maar ’n stelsel soos ’n reënwateropvangstelsel kom altyd handig in tye van min reënval. Wanneer jy reeds die stelsel opgerig het, kan dit die nodige water opvang in die maande van hoë reënval, en jou plan B wees vir besproeiing tydens El Niño maande.

    • Diversifiseer gewasse

    Die plant van ‘n verskeidenheid gewasse met verskillende droogtetoelatingsvlakke kan help om te verseker dat sommige gewasse die gevolge van verminderde reënval kan vermy.

    • Besproei op die regte tyd

    Dit is belangrik om jou gewasse op die regte tyd te besproei. Dit beteken om net te besproei wanneer die plante water benodig. Oormatige besproeiing kan water mors en selfs na wortelverrotting lei.

    Diversifiseer gewasse

    FoodForMzanzi beveel ook addisionele stappe aan vir boere om droogtetoestande te hanteer, soos die afsny van riskante aanplantings, die vermindering van kunsmisgebruik, sorgvuldige grondvoorbereiding, minimale bewerking en die voginhoud van die grond te monitor.

    Hoe spilpuntbesproeiing jou kan bevoordeel tydens El Niño.

    Jou spilpuntbesproeiingstelsel kan baie meer vir jou bied as wat dit reeds doen. Wanneer water skaars is en droë weerstoestande voor die deur staan, wil jy seker maak dat jou spilpunt effektief vir jou werk. Ons fokus op die voordele van spilpuntbesproeiing sodat jy die meeste waarde vir jou geld kry.

    Hiermee voordele van spilpuntbesproeiing wanneer water skaars is:

        • Waterdoeltreffendheid en verbeterde oesopbrengste

          Spilpuntbesproeiingstelsels kan water doeltreffender toedien as ander besproeiings metodes, soos voorbesproeiing.

          Met die regte spilpunt en vandag se tegnologie kan jy die korrekte hoeveelheid water op meer konstante en akkurate tye vir jou gewasse gee.

          Gesamentlik word jy daarvan verseker dat jy hoë kwaliteit oesopbrengste gaan hê. Dit is veral belangrik tydens El Niño maande, wanneer droogtetoestande tot oesverliese kan lei.

        • Besproei op dieselfde grond

          Soos hierbo genoem, is dit beste praktyk om jou gewasse te diversifieer. Hiermee kan jy die voordeel van spilpuntbesproeiing ten volle gebruik deur veelvoudige gewasse onder een sirkel te plant of roteer, want vore is nie nodig nie.

        • Verminderde waterafloop

          Spilpuntbesproeiing kan die hoeveelheid grondbewerking verminder. Daarom help dit om waterafloop en gronderosie wat met grondbesproeiing kan voorkom, te verminder.

        • Gebruik van afvalwater

          Meeste spilpuntbesproeiingstelsels kan met afvalwater bestuur word. Die gebruik van afvalwater vir besproeiing sal nie die toerusting beskadig nie en dit is nie nodig vir ‘n boer om enige bykomende produkte te koop om alternatiewe waterbronne te gebruik nie.

      OBARO is een van Zimmatic se betroubare handelaars wat inhuis `n span besproeiings-spesialiste het wat na boere se verskillende besproeiingsbehoeftes omsien, of dit nou drup-, mikro-besproeiing of spilpunte is. Die besproeiingsafdeling ondersteun ook OBARO se 27 handelstakke, oor 5 provinsies in Suid-Afrika, met tegniese advies en opleiding.

      Van die gespesialiseerde dienste wat van OBARO se besproeiingspan verwag kan word, is:

          • ‘n Gedetailleerde opname van die beplande besproeiingsgebied en oppervlak, met hoogs gesofistikeerde opmetingstoerusting.

          • Die fisiese ontwerp van die spilpunt, insluitend stelsels soos stofbeheer en rypbeheer.

          • Alle produkte vir die projek word verskaf asook die projekbestuur.

        OBARO saam Zimmatic se innoverende tegnologie, kan jou help om voorbereid te wees tydens vanjaar se El Niño maande. Jy as boer kan met gemoedsrus weet dat jou spilpunt effektief werk en jy die meeste waarde vir jou geld sal kry.

        OBARO se droom is om die boer se besigheid op elke plaas te wees, en dit kan slegs verwesenlik word deur in lyn met die boer en al sy of haar besproeiings-behoeftes te wees.

        Kontak OBARO vandag!

        T’s & C’s