Wie is ons

TRUbrands, ’n afdeling van OBARO, vervaardig, verkoop en versprei ‘n reeks produkte in die veevoer-, troeteldier- en tuinmaakmark.

Ons produkreeks sluit chemiese en organiese kunsmis, voëlsaad, en wetenskaplik geformuleerde hondekos in.

Het jy al gehoor van ons gewilde AllesInEen skaap-, bees- en wildskorrels, wat ontwerp is om die onsekerheid van voermenging uit te skakel?

Ons AllesInEen-reeks bestaan uit verskeie voedingstowwe wat dieregesondheid bevorder en optimale produksie verseker. Dié produkte word deur vooraanstaande voedingkundiges geformuleer, en slegs die beste grondstowwe word in die produksie gebruik. Ons produkte vereenvoudig nie net die voer van skape, beeste en wild nie, maar bied ook ‘n koste-effektiewe oplossing vir ‘n wye verskeidenheid voedingsuitdagings.

Stel vandag ons TRUfeed-, TRUpet- en TRUgarden-produkreekse op die proef!

Hou jy net soveel van die OBARO-handelsmerk soos ons?

Moenie uitmis nie – begin vandag jou versameling bou en dra ‘n stukkie van die handelsmerk wat jy vertrou, waar jy ook al gaan!

Product brand