Terme En Voorwaardes Van Kwotasie

  1. Hierdie kwotasie bring nie ‘n ooreenkoms tussen OBARO en die kliënt tot stand nie.

  2. Hierdie kwotasie is geldig vir ´n periode van 7 (sewe) dae vanaf die datum van die kwotasie.

  3. Alle kwotasies, pryslyste en moontlike kortings is onderhewig aan wysiging en pryse wat gehef en kortings wat toegestaan word, is die pryse en kortings wat op datum van kwotasie heers, tensy skriftelik anders ooreengekom.

  4. Gekwoteerde pryse is onderhewig aan betaling binne 30 (dertig) dae vanaf datum van staat. Rente sal op agterstallige betalings gehef word teen die heersende koers van toepassing op insidentele kredietooreenkomste soos voorgeskryf deur die National Credit Act, Wet 34 van 2005.

  5. Kwotasies sluit nie afleweringskoste in nie en enige afleweringskoste sal deur die kliënt betaalbaar wees.

  6. Hierdie kwotasie is slegs van toepassing op die verskaffing van items en die verrig van werk soos in die kwotasie gespesifiseer. Die kliënt sal aanspreeklik wees vir die koste van enige items en/of werk wat op sy versoek bykomend verskaf en/of gedoen word.

  7. Enige bykomende koste wat aangegaan mag word in die verrigting van die gekwoteerde werk ten einde te voldoen aan enige vereistes van ‘n Staats-, Provinsiale- of Munisipale Owerheid sal vir die kliënt se rekening wees.

  8. OBARO aanvaar geen aanspreeklikheid vir die doeltreffendheid, uitvoerbaarheid, geskiktheid of andersins van goedere vervaardig en/of werk verrig ooreenkomstig die kliënt se spesifieke voorskrifte nie.

  9. Eiendomsreg van goedere sal oorgaan na die kliënt op ontvangs van betaling van die volle koopprys, soos aangedui in die kwotasie.

  10. Enige hanterings fooie betaalbaar aan ´n leweransier vir die terugstuur van produkte vir krediet, herstel of enige ander doel, is vooraf betaalbaar deur die kliënt. Geen produk sal aanvaar word, alvorens die hanterings fooi van die leweransier nie ten volle vereffen is nie.

  11. OBARO onderskryf die waarborge soos gelewer deur die vervaardigers en verskaffers van goedere, welke waarborg sal verval indien die kliënt enige veranderinge wat afwyk van die oorspronklike ontwerp of spesifikasies aan die goedere sou aanbring.