3 dae tot die eerste OBARO Inter Unie!
OBARO, in samewerking met die Brits Jong-Boerevereniging, tel die dae af tot die eerste OBARO Inter Unie wat die naweek , 10 – 12 Februarie 2023, by Sediba Kwele buite Brits plaasvind.
Jongboer-spanne van verskeie streke sal deelneem aan ‘n rondtomtalie van aktiwiteite, insluitend hooglandspele, kleiduifskiet, zipline, touchies, “innoverende” gholf, roei en toutrek.
Die Inter Unie bied ‘n geleentheid om vriendskappe te vorm en ondersteuning te bied aan die volgende generasie boere om sodoende, die landboubedryf te bevorder.
“Dit is so belangrik vir ons jongboere om te besef almal is, of het as, klein onervare jongboere begin. Min het ons geweet, maar vinnig het ons geleer by pa’s, oupas en mede boere gefundeer in Christelike beginsels.
Ons het ons plafonne gelig deur kennis in te win deur betrokke te raak in ons omgewing, mede boere asook die rol wat diensverskaffers soos OBARO speel.
Die Inter Unie stel ‘n geleentheid daar om ons mede boere te ontmoet – sodat ons meer as net mede boere kan word – lewenslange vriendskappe met die einddoel insig.” sê Martin Greyling (Voorsitter, Brits Jong-Boerevereniging).
Hamilton Wessels, televisieaanbieder en akteur, en Appel, sanger en liedjieskrywer, sal die jongboere vermaak. Daar is ook prysgeld ter waarde van R175 000 op die spel.
Ons wil graag al ons borge bedank wat ingespring het om die eerste OBARO Inter Unie moontlik te maak.
Ons hoofborge sluit in: Total Energies, Kempston Agri (CLAAS Suid Afrika) en ISSC Group.
Om seker te maak dat jy nie uitmis op die naweek se gebeure nie sal die OBARO Inter Unie gestroom word via ons OBARO Facebook bladsy, jy wil dit nie mis nie!

