Search
Close this search box.

OBARO omhels Digitale Transformasie met nuwe aanstelling

Dit is met trots dat ons meedeel dat Pierre de Bruin aangestel is as, Direkteur: Inligtingstegnologie en Digitale Transformasie by OBARO.

“Dit is met groot opwinding wat ek aansluit by die dinamiese direkteurspan van OBARO. Ek het ‘n groot passie vir die landbou sektor en hoe OBARO hulself in lyn stel met die boer deur die innoverende wyse waarop hulle besigheid aanpak.

Ek glo dat my agtergrond ‘n unieke perspektief na die span sal bring. In my nuwe rol sien ek uit om OBARO se strategie vir nuwe tegnologie en digitale prosesse te ontwikkel en integreer om sodoende by te dra tot besigheidsprestasie. Dit is belangrik om die IT-stelsels, Infrastruktuur, Digitale Produkte en Dienste te belyn met die algehele OBARO besigheidsdoelwitte.

Ek sien uit na die pad saam met die OBARO span.”

De Bruin het sy Elektroniese Ingenieurswese graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Met meer as 20 jaar ondervinding en verskeie belangrike rolle in sy loopbaan waaronder, Verkope Bestuurder – Afrika (Adva Optical Networking) en Tegnologie Bestuurder (TelkomSA), is Pierre beslis `n aanwins tot die bestuurspan.

OBARO is opgewonde om de Bruin in die sleutelposisie te verwelkom. Met sy ervaring as ingenieur en sy vaardighede in projekbestuur, netwerk argitektuur en ontwerp, optika en kliënteverhoudinge gaan hy beslis `n waardevolle bydrae lewer tot OBARO se digitale strategie.

“Ons wens hom net die beste toe en is vol vertroue dat hy die nuwe rol met oorgawe gaan aanpak en ‘n beduidende impak gaan maak tot die groei en sukses van OBARO se digitale strategie.” sê OBARO in ‘n verklaring.