DIE SUKSES AGTER DIE SKERMS: DANKIE AAN ONS BORGE VAN OBARO INTER UNIE 2024
OBARO sien uit om elke jong boer en leweransier te verwelkom na die tweede OBARO Inter Unie wat die komende naweek, 1-3 Maart 2024 by Sediba Kwele buite Brits plaasvind. Ons wil graag ons opregte dank uitspreek aan al die borge wat OBARO ondersteun om hierdie geleentheid ‘n sukses te maak. Sonder jul bydraes sou dit nie moontlik wees nie, van die spanne se akkommodasie en truie tot die gemoedsrus dat die naweek propvol aktiwiteite en vermaak is.
Hoofborge
Dankie aan ons hoofborge, Total Energies en RME.
Aktiwiteit Borge
Verdere dank aan ons leweransiers wat deel gevorm het as aktiwiteit borge, TalTec, Elanco, Formalito, Montego, Gundle, Sanlam Health, Cape Gate, MDM, Lasher Tools, Agrinet, OBARO, en TRUbrands.
Span Borge
So ook aan die leweransiers wat ons jong boer spanne geborg het; Afrifert, Efekto, Avidan, Starke Ayres, Rap Technologies, Koedoeskop Kunsmis, Irrigation Unlimited, Engen, Willard Batteries, Driehoek Feeds en Epol, Franklin Electric, JoJo, Avima, Buffelsfontein, Lasher Tools, Protek, Sanlam Life, Haifa, Kempston Agri, en Qualitools.
Laastens, maar nie die minste nie, wil ons ook die ondersteuning van borge soos iSSC, Santam, OBARO Adviesdienste/Sanlam, en Sakata erken.
Groot Prysgeld
Die Inter Unie is om die draai en ons wil weereens deelnemers herinner dat alhoewel dit `n naweek vol sports is, daar ‘n aansienlike bedrag van R175 000 prysgeld op die spel is, sowel as die titel van Baas Van Die Plaas vir 2024. Vir die eerste keer is daar ook ‘n geesbeker wat wag om gewen te word.
Vermaak
Hamilton Wessels, ons seremoniemeester vir die naweek sal seker te maak die jong boere hou by die reëls terwyl hu hope pret het en Fatman sal die Inter Unie naweek op `n hoogtepunt Saterdag aand afsluit.
Ons wil graag die kykers by die huis aanmoedig om in te skakel op ons sosiale media en OBARO webtuiste, die naweek se aktiwiteite en gebeure sal gestroom word, so wees seker jy mis nie uit nie!