Search
Close this search box.

OBARO en Farmers Friend Enterprise

OBARO en Farmers Friend Enterprise Kweek Besigheid Saam

OBARO het sy eerste amptelike digitale platform vir plaasbestuur, “Farmer’s Friend Enterprise” bekend gestel. 

Tydens fase een van die projek sal OBARO se personeel en uitgesoekte boere toegang tot die platform kry om dit te toets. 

Luidens ‘n verklaring bied hierdie wolkgebaseerde toepassing waardevolle plaasbestuuroplossings wat boere in staat stel om met die gemak van die gebruik van ‘n rekenaar of selfoon hul data te bestuur en veilig te bêre.

IQ Logistica sal ondersteuning aan OBARO bied tydens die registrasieproses om die gebruik van Farmer’s Friend te vergemaklik.

Volgens Nic Bronkhorst, hoof-uitvoerende beampte van OBARO, sal dié toepassing boere toelaat om op ‘n gebruikersvriendelike digitale platform risiko’s met meer gemak te bestuur en te minimaliseer. “Die toepassing sal voortdurend aangepas word. Deurlopende ontwikkeling sal verseker dat boere in staat gestel word om toekomstige aankope van produksiemiddele noukeuriger te onderneem. Dit sal ook boere help om beter planne te beraam en hulpbronne doeltreffender aanwend.”

Om meer te lees oor hoe die Farmers Friend toepassing werk en hoe dit landbou-bedrywighede gaan vergemaklik besoek landbou.com.

Ontdek meer oor OBARO en Farmers Friend