Leerlingskap

Leerlingskap

Ons leerlingskapprogram streef daarna om die toekoms van bestuur en leierskap in die landboubedryf te vorm.

Sluit by ons program aan en kry waardevolle bestuurservaring deur saam met ’n toegewyde mentor in een van die 27 OBARO-takke te werk. Jy sal nie net praktiese blootstelling en ondervinding in die kleinhandel- en finansiële omgewings opdoen nie, maar ook op ‘n rotasiebasis regdeur alle OBARO-afdelings werk.

Ons program begin elke jaar in Januarie. Wees dus op die uitkyk vir wanneer jy aansoek kan doen.

Ná voltooiing van ‘n een-jaar-kontrak, sal jy ‘n kwalifikasie in Algemene Bestuur (NQF 5) behaal.

jou

Blootstelling

Aanbiedingsvaardighede

Leer doeltrefferende kommunikasie vaardighede terwyl jy deelneem aan professionele aanbiedngs reg deur die jaar, wat jou idee skepping vaardighede verfyn en ook selfvertroue gee om ’n plan uit te voer.

Tydbestuur

Tydbestuur

Ontwikkel die kuns van tyd-bestuur deur jou eie tyd effektief te bestuur en binne die dinamika van 'n besige landbouomgewing en saam met kollegas te werk.

Kliënte interaksie

Kliënte interaksie

Bly in lyn met die kliënt deur positiewe interaksie en hulpvaardigheid te toon deur adviseuring en verwelkoming binne-winkel. Hier leer jy om kliënte se unieke behoeftes te verstaan.

Spanwerk

Spanwerk

Kry die geleentheid om met diverse mense in verskeie afdelings te werk, vanaf die tak tot ons hoofkantoor. Ontwikkel 'n breë perspektief deur saam te werk met verskeie spanlede en afdelings.

Werk blootstelling

Fisiese werk

Deur aktief deel te neem aan voete op die plaas-initiatiewe, gaan jy nie net teoretiese vaardighede aanleer nie, maar werklik ervaring opdoen deur self die hande vuil te maak.

Bestuursvaardighede

Ontwikkel leierskap deur praktiese bestuurstake, waar jy verantwoordelikheid dra vir projekte en inisiatiewe.

Verskillende divisies

Kry 'n volledige beeld van die landbouwaardeketting deur rotasiewerk in verskeie divisies van OBARO. Verstaan hoe elke aspek saamsmelt om 'n suksesvolle landbouonderneming te vorm.

Kliënte diens

Bly in lyn met die boer deur positiewe klienteverhoudinge te bou deur interaksie en betrokkenheid. Hier leer jy om boere se unieke behoeftes te verstaan.

Finansiële Ontleding

Verwerf insig in die finansiële aspekte van landboubestuur deur deel te neem aan finansiële analise en projekte. Begryp hoe finansiële besluite 'n impak het op die sukses van 'n landbouonderneming.

LOOPBANE

SLUIT AAN BY DIE SPAN

Neem asseblief kennis dat indien jy nie vir die Leerlingskap van 2025 oorweeg word nie, jou aansoek outomaties op ‘n databasis gestoor sal word vir toekomstige Leerlingskap programme wat OBARO aanbied en sal jy dienooreenkomstig gekontak word.

Leerderbestuurder

Sluitingsdatum vir Aansoeke

2024-04-30