Die OBARO Inter Unie skep ‘n platform vir die nuwe generasie boere om mekaar te ondersteun en saam te werk om ‘n suksesvolle toekoms vir die landboubedryf te skep.
“Wanneer vreemdelinge mekaar ontmoet, vind hulle gewoonlik gemeenskaplike sake om oor te gesels, sodra hulle besef daar is meer in gemeen as nie, word vriendskappe gesmee. Hierdie vriendskapverhoudings is die fondament vir die bevordering van gedeelde belange in landbou”
Nic Bronkhorst, Hoof Uitvoerende Beampte van OBARO.
VLOT BOU
Die aktiwiteit begin om 11:00 op Vrydag 1 Maart
Bou ‘n funksionele vlot waar ten minste een persoon op die vlot sit terwyl die res van die span die vlot aandryf in die water (trek/stoot).
Spanne verskaf eie basis en versierings. OBARO verskaf slegs 2x pontoons.
Die vlot moet aanmekaargesit en versier word tydens die aktiwiteit. Geen meganiese motors of roeispane toegelaat nie.
Kriteria:
Spanwerk, Gees, Inisiatief / kreatiwiteit, Tydsduur, Dissipline, Byhou van reëls, Doelwit bereik
Aktiwiteit word geborg deur TalTec
VLOT ROEI
Vlotte word afgesit in 5 x bane x 4 keer.
Vlotte moet van punt A na B “aangedryf” word, sorg dat jy die vinnigste is terwyl jy jou kop bo water hou.
Kriteria:
Spanwerk, Gees, Inisiatief, Tydsduur, Dissipline, Byhou van reëls, Doelwit bereik
Aktiwiteit word geborg deur Gundle
ZIPLINE TEIKEN
Drie lede van elke span moet ‘n voorwerp in ‘n afgebakende area in die dam laat val terwyl hulle oppad af is met die zipline.
Kriteria:
Spanwerk, Gees, Inisiatief, Tydsduur, Dissipline, Byhou van reëls, Doelwit bereik
Aktiwiteit word geborg deur Montego
VUURMAAK
Werk slim en met ‘n bietjie geluk aan jou kant, wie kan eerste ‘n vuur aan die die gang kry met minimum benodigdhede.
Elke span moet ‘n vuur pak en aansteek met ‘n flint.
Kriteria:
Spanwerk, Gees, Inisiatief, Tydsduur, Dissipline, Byhou van reëls, Doelwit bereik
Aktiwiteit word geborg deur Elanco
SAK DRA
Spanne moet streepsakke dra van punt A na B.
Vir elke voltooide roete binne ‘n gegewe tyd word ‘n punt toegeken.
Vinnige voete en sterk arms – wie kan die vinnigste sakke dra?
Kriteria:
Spanwerk, Gees, Inisiatief, Tydsduur, Dissipline, Byhou van reëls, Doelwit bereik
Aktiwiteit geborg deur TRUBrands
HOOGLAND SPELE
BOOGSKIET
Spanne moet pyle in die teiken skiet – hoe meer pyle in ‘n sekere tyd hoe meer punte. Tyd en ‘n gefokusde oog is hier die belangrikste woorde!
PAALGOOI
Spanne moet ‘n paal oor ‘n gegewe lyn “flip”. Punte word toegeken vir elke paal wat ge-flip word. Tye en krag is hier jou maats!
BYLGOOI
Spanne word verwag om byle na ‘n teiken te gooi binne ‘n gegewe tyd. Elke teiken tref is ‘n punt!
Kriteria:
Spanwerk, Gees, Inisiatief, Tydsduur, Dissipline, Byhou van reels, Doelwit bereik
Aktiwiteite word geborg deur Sanlam Health, Cape Gate/MDM, Lasher
KLEIDUIFSKIET
Spanne word elk ‘n spesifieke hoeveelheid skote toegelaat. Elke tref is ‘n punt.
Wie se oog is in om die kleie plat te trek?
Kriteria:
Spanwerk, Gees, Inisiatief, Tydsduur, Dissipline, Byhou van reëls, Doelwit bereik
Aktiwiteit word geborg deur Formalito
Rip Rugby
Spanne speel teen mekaar rip rugby – vir elke wen word ‘n punt toegeken.
Ons gebruik tagstrokies wat tel as ‘n tackle! As jou tag gesteel word, moet jy die bal laat val.
Dit is soos rugby, maar sonder die blou kolle op Maandag!
Finale wenners ontvang 2 ekstra punte.
*Spanne mag rugby tokse dra
Kriteria:
Spanwerk, Gees, Inisiatief, Tydsduur, Dissipline, Byhou van reëls, Doelwit bereik
Aktiwiteit word geborg deur Agrinet
TOUTREK
Dis ons Finale, so hier moet al 10 spanlede deelneem!
Spanne trek teen mekaar tou – vir elke wen word ‘n punt toegeken.
Finale wenners ontvang 2 ekstra punte.
*Spanne mag rugby tokse dra
Kriteria:
Spanwerk, Gees, Inisiatief, Tydsduur, Dissipline, Byhou van reëls, Doelwit bereik
Aktiwiteit word geborg deur OBARO
GEESBEKER
Die geesbeker sal toegeken word aan die spanne wat uitblink in aspekte soos gesonde sportmanskap, die uitdrukking van ‘n unieke spanidentiteit, en die bevordering van entoesiasme voor en na elke aktiwiteit.
Kriteria:
#BoereMetDieGees
Slaapkwartiere is ‘bunkerbed chalet’s’. Dit is binneshuis – nie nodig vir eie tente nie. Nie nodig om eie matrasse te bring nie – beddens en matrasse word verskaf. Bring slegs slaapsak en kussing.
4.2m en ongeveer 40kg.
Jy word vasgemaak en sit in‘n harnas vir die zipline. Die harnas is gesertifiseer om tot 3 ton te hanteer. Die toue waaraan die harnasse hang, is gesertifiseer om 6 ton te hanteer.
Hekke is Vrydag, 1 Maart van 10:00 oop. Spanne word aangemoedig om die basis van die vlot reeds vooraf te voltooi om seker te maak die vlot is watervaardig. Agv die tydsbeperking sal daar nie te veel tyd hieraan spandeer kan word tydens die aktiwiteit nie nie, die vlotte sal slegs mooi gemaak en versier word en die pontoons sal aan die basis geheg word.
Slegs basiese hulpmiddels sal verskaf word vir versiering- vir enige unieke versierings, voel vry om daai ekstra stukkies los materiaal, vere, hoede… wat ookal jou vlot mooi gaan maak in te pak. Elke ietsie kan help!
Elke span ontvang: 2 x ‘pontoons’. Daar sal ‘n spens wees, met ‘n paar hulpmiddels soos spuitverf, organza, papier, polesteirien ens, om te help met die versiering van die vlotte, maar let wel, as die spens leeg is, is hy leeg. Spanne is welkom om ekstra hulpmiddels van die huis af te bring!
Inteenteen, ONS BEVEEL DIT AAN!
Nee, julle word voorsien met ‘long bow’.
Nee – Alle etes, insluitend Vrydagmiddag, word voorsien. Kontantkroeg beskikbaar van 11:00 1 Maart en Saterdag, 2 Maart. NB asseblief – geen alkohol toegelaat met die hooglandspele of kleiduifskiet aktiwiteite nie.
Elke span ontvang sy eie trui (ons gee vir julle ‘n t-hemp ook) maar welkom om ‘n hemp by te voeg as dit help vir die spangees.
`n Mediese span sal fisies by die perseel wees, op bystand, Vrydag 1 Maart 2024, 10:00-18:00 en Saterdag 2 Maart 2024, 07:30 – 19:00.
Daar is ‘n kluis, alarms en kameras op die perseel.
Enige waardevolle items sal veilig bewaar kan word.
Ja, daar sal kaartfasiliteite beskikbaar wees. Dit is ‘n kontantlose kroeg, en slegs kaartbetaling sal aanvaar word.
Punte allokering sal vroeg genoeg gekommunikeer word aan al die spanne. Tellings sal ook beskikbaar wees by elke ete om die sien wie loop voor!
OBARO sien uit om elke jong boer en leweransier te verwelkom na die tweede OBARO Inter Unie wat die komende naweek, 1-3 Maart 2024 by Sediba Kwele buite Brits plaasvind.
Ons is twee weke weg van die volgende OBARO Inter Unie, en die spanning loop hoog. Dit is ‘n ongelooflike voorreg om hierdie opwindende geleentheid vir die tweede agtereenvolgende jaar aan te bied, en om te bou op die vorige jaar se sukses.
OBARO, het `n doelgerigte fokus om 'n platform vir jongboere te skep, en die omgewing te bevorder waar vreemdelinge vriende word. Die OBARO Inter Unie bied 'n unieke geleentheid vir die nuwe generasie boere om bymekaar te kom, mekaar te ondersteun, vriendskappe te smee en saam, landbou te bevorder.
OBARO, in samewerking met die Brits Jong-Boerevereniging, tel die dae af tot die eerste OBARO Inter Unie wat die naweek , 10 – 12 Februarie 2023, by Sediba Kwele buite Brits plaasvind.
Antisipasie vir OBARO se Inter Unie is tasbaar in die lug en om selfs meer op die spel te plaas as net ‘n veer in die hoed vir die span wat sy staal wys, kondig ons graag aan dat ons Jongboerspanne gaan meeding vir prysgeld ter waarde van R175 000.
Jongboer-spanne van verskeie landbou unies sal in Februarie 2023 aan aktiwiteite deel neem om hul staal te wys by OBARO se eerste Inter Unie.
C/o Graham & Silverlakes Straat,
Silverlakes, Pretoria, 0081
Tel: 012 381 2800
E-pos: [email protected]
Maandag – Vrydag: 08:00 – 17:00
Saterdag: Gesluit
Sondag: Gesluit