Ons verwyder die bron van jou finansiële stres en onsekerheid, sodat jy jou boerdery met gemak kan bestuur.
OBARO bied verskeie finansierings- en versekeringsprodukte wat help om jou boerdery veiliger en minder riskant te bestuur. Sodoende bied ons gemoedsrus en oplossings wat jou help om die beste uit jou seisoen en begroting te haal.
Ons finansiële dienste is pasgemaak om in jou unieke behoeftes te voorsien.
Ons bied versekeringsdekking vir verskeie risiko’s:
Slegte weer, wat gewasse kan beskadig en finansiële verlies kan veroorsaak.
Brand, wat geboue, toerusting en gewasse kan vernietig.
Diefstal, wat kan lei tot die verlies van waardevolle bates.
Die toekoms van jou familie, om finansiële sekuriteit vir jou en jou geliefdes te bied.
Ons finansiële oplossings kan jou die hupstoot gee wat jy benodig om jou plaas te laat floreer.
PRODUKSIELENINGS
Dié lenings help jou om dadelik te plant en slegs ná die oes te betaal. Produksielenings is vir somer- en wintergewasse (verhandel op SAFEX) beskikbaar.
Gespesialiseerde gewasse, soos groente, word gefinansier onder die voorwaarde dat jy sekuriteit en/of ‘n onderhandelde kontrak met ‘n goedgekeurde koper, voorlê.
JAARREKENINGE
Jaarrekeninge is beskikbaar as jy die behoefte het om jou produksie oor ‘n langtermyn te beplan. Seleksie, sekuriteitsvereistes en kontantvloeibestuur is belangrike voorwaardes vir dié tipe rekening.
HUURKOPE
OBARO koop die landbou-toerusting wat jy benodig om jou plaas suksesvol te bestuur en jy kan dit hou nadat dit afbetaal is.
TERMYNLENINGS
Termynlenings word toegeken vir langtermynfinansieringsbehoeftes en die verkryging en/of verbetering van vaste eiendom teen vasgestelde sekuriteit. Dit sluit aankope van plase of die installering van sonkrag-oplossings in.
Magaliesburg Tel: 083 670 6946 [email protected]
Tijgervallei, Pretoria en Wonderboom
Tel: 082 719 7733
[email protected]
Beskerm jou inkomste en gesin met ons pasgemaakte versekeringsoplossings.
GEWASVERSEKERING
Ons werk saam met jou om gewasversekering vir jou unieke behoeftes te bied. Ons dek gewasse teen hael, brand en transitoorvalle en bemark verskeie multi-risikoversekeringsopsies.
OBARO gebruik die grootste versekeraars om jou gewasse te verseker.
KOMMERSIËLE POLISSE
Ons streef daarna om vennootskappe te bou, na jou behoeftes te luister en oplossings te ontwikkel wat aan jou vereistes voldoen. Ons spesialisadviseurs besoek jou perseel om seker te maak dat alle moontlike risiko’s gedek word.
Ons help verskeie kliënte in die volgende sektors: Korporatiewe omgewing, Vervoerkontrakteurs, Gastehuise, Kontrakteurs, Industriële vervaardiging
PERSOONLIKE POLISSE
Ons weet jou verantwoordelikhede stop nie net by boerdery nie, daarom bied ons ‘n wye reeks persoonlike versekeringsoplossings.
Ons mededingende pakkette en vinnige eisehantering, bied gemoedsrus. Dis vinnig, maklik en teen ‘n lae premie.
Ons bied dekking vir die volgende persoonlike items: Geboue, woonhuise en vakansiehuise, Huisinhoud, Alle risiko-items, Kampeertoerusting, Motors en 4×4’s, Identiteitsdiefstal en Ongeskiktheid
C/o Graham & Silverlakes Straat,
Silverlakes, Pretoria, 0081
Tel: 012 381 2800
E-pos: [email protected]