OBARO Inter Unie: ‘n Ware Droom

OBARO, het `n doelgerigte fokus om ‘n platform vir jongboere te skep, en die omgewing te bevorder waar vreemdelinge vriende word. Die OBARO Inter Unie bied ‘n unieke geleentheid vir die nuwe generasie boere om bymekaar te kom, mekaar te ondersteun, vriendskappe te smee en saam, landbou te bevorder.